Askoop

Askoop,
Roekeloos,
28 Maart.

In hierdie dekadente dans/kabaret-opvoering kry die winkeltrollie dieper betekenis as ’n wa vir die middelklas en ’n reisgenoot vir die boemelaar.

Met satiriese humor en deernis word die grense van gulsigheid bevraagteken.

Wat beteken dit om ryk te wees? En arm?

Askoop word beskryf as ’n moderne verlossingslied deur dieselfde dansgeselskap wat verlede jaar Plastiek – “’n indrukwekkende skepping” – by die KKNK opgevoer het.

* Debuut *

Met: Henk Opperman, Zama Sonjica, Bronwyn Reddy en Bianca de Klerck
Teks: Steven van Wyk, Joy Millar, Kelly-Eve Koopman
Regie en vervaardiger: Underground Dance Theatre
Musiek: Bianca de Klerk
Choreografie: Cilna Katzke, Thalia Laric en Joy Millar
Verhoogbestuurder: Mark Antony Dobson

Genre: Dans
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 100
Plek: Gimsaal, Oudtshoorn
Datum: 7 April: 14:00; 8 April: 20:00; 9 April: 10:00 en 14:00; 10 April: 16:00 en 20:00; 11 April: 10:00

KKNK 2015

Askoop
Askoop

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply