Wing Commander

Die fliek is gegrond op die geslaagde rekenaar-speletjie en speel af in die jaar 2654 tydens ´n bloedige oorlog tussen mense en die bose ruimte-ras Kilrathi.

Die Kilrathi verwoes ´n Terran-basis en neem ´n Navcom-rekenaarnavigasie-eenheid oor wat met die Aarde koördineer. Net drie japper jong ruimte-vlieëniers en hulle elite gevegs-eskader staan tussen die Kilrathi en die uitwissing van die aarde.

Die drie is Christopher Blair (Freddie Prinze Jr), ´n nuweling met ongelooflike navigasie-vaardighede, Todd ‘Maniac’ Marshall (Matthew Lillard), ´n onverantwoordelike skoorsoeker wat effens mallerig is, en hulle aanvoerder, die pragtige Jeanette ‘Angel’ Deveraux (Saffron Burrows). Angel se leierskap-vaardighede maak haar al meer aantreklik vir Chris.

Die vervaardiger sê hy wil met die rolprent al die opwinding, effekte en avontuur oordra wat Wing Commander-verslaafdes verwag.

Met: Freddie Prinze Jr en Jürgen Prochnow
Regisseur: Chris Roberts

5/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply