Slaap, kindjie, slaap
Daar buite loop ‘n skaap
Met vier witte voetjies,
Hy drink sy melk so soetjies,
Slaap, kindjie, slaap.
Saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
My pappa blaas die fluitjie,
My boetie draai die orreltjie,
Saai die waatlemoen!
Hoe ry die boertjies? Sit-sit so,
Sit-sit so, sit-sit so,
Met ‘n mandjie patats na die Boland toe.
Die Kaap se nooiens sê: “Tingelingeling,
Tingelingeling, hoera!”
Oom Kraai gaan uit met pyl en boog;
Hy skiet vir Skilpad in die oog.
Oom Skilpad was so net en vet,
Daarom skiet oom Kraai so net.
Ooievaar, lange poot,
Haal die paddas uit die sloot,
Gryp hul in jou lange bek,
Maak hul dood met trekke,
Trek,
Tot hul uitroep: Kwek, kwek!
Duimpie het in die water geval,
Lekkepot het hom uitgehaal,
Lange Jan het hom huis toe gedra,
Korte Knaap het hom neergelê,
En Pinkie het vir Ma gaan sê.
Ta, rara, ra, boemtie-y,
Oupa het op ’n vark gery,
Afgeval en seergekry,
Opgeklim en weer gery,
Ta, rara, ra, boemtie-y.
Trippe, trappe, trone,
Die varkies in die bone,
Die koeitjies in die klawer,
Die perdjies in die hawer,
Die eendjies op die waterplas,
Die gansies op die groene gras,
Ek wens dat kindjie groter was
Om al die diertjies op te pas.
Handjies klap,
Koekies bak,
Gaan na die mark,
Koop ’n stukkie long
Vir die sieke jong,
Koop ’n stukkie lewer
Vir die sieke wewer,
Koop ’n stukkie konfyt
Vir die sieke meid,
Koop ’n stukkie lint
Vir die sieke kind.
Daar kom die krappie aangekruip,
Onder die armpie ingeduik!
Daar’s ’n apie op ’n stokkie
Voor my ma se agterdeur,
Daar’s ’n gaatjie in sy broekie
En sy stertjie hang daardeur.
Wat is die betekenis van
“Koljander koljander so deur die bos
My ma en pa kook lekker kos
Die kinders verstik aan ‘n druiwetros
Die laaste een se kop word afgekap
Hiep-hiep-hiep-hiep”