Dié Bul van Porterville oorlede

Die Afrikaanse digter Barend Toerien is oorlede na ‘n hartaanval. Hy was 88 jaar oud.

Toerien het ‘n groot deel van sy lewe in die VSA gewoon, maar het met nostalgie geskryf oor sy jeug in Porterville.

Van sy beste werke is Illusies, elegieë, oorveë, transfusies (1975) en ‘n Plek op die land. Catskillverse (1985).

Om te onthou: Versamelbundel ter viering van die digter se 85ste jaar is in 2006 uitgegee en bevat ‘n keur van Toerien se werk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply