Kieslys

Close


*/

07 Februarie
2009
Gedigte
9324 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van A3

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Bekommernisse

Nog ‘n keer word ek geleer
Van die voedselpryse wat ek nie kan beheer.
“En wat nou, Heer?”
Geld kan ek net nie meer hanteer.
Dinge druk nou regtig seer.
Hiermee wil ek vir almal bemoediging bring.
Aan almal wat voel die lewe is ‘n bosekring!
Vergeet van gister dit is verby.
Al wat saak maak is nou en jy!
Los ook eers vir môre, hy kan eers bly.
Werp al jou bekommernisse op God!
Môre vat ons dit terug, hou verspot!
God kan ons probleme baie beter uitsorteer
As ek en jy wat nog baie moet leer.
Van die grootheid van die Heer.
Werp jou bekommernisse op ons God,
Maar hou jou verantwoordelikhede in jou kop!
Bekommernisse is Satan se manier
Om ons in verskillende rigtings te trek, dis sy gier!
Los ons, ons bekommernisse by God, kan Satan nie seëvier…
Om ons bekommernisse te oorbrug
Is U, o God, ons enigste toevlug!
Al ons pogings het geen vrug.
Gaan dit nou een uur by ons lewens voeg?
As ons so met die probleme wroeg …

20 Augustus 2008

Verstopte pyp

God het ‘n doel met die lewe van elke ou
Ons geskape om Sy koningkryk te bou.
Ons is die pyplyn waardeur Sy genade vloei,
Sodat Hy die wêreld met Sy liefde kan besproei!

Maar aan ‘n sekere vereiste moet ons voldoen …
Mekaar liefhê, Anders is ons pyplyn gedoem.
‘n Mens sonder liefde is ‘n verstopte pyp
En God se liefde kan nie Sy doel volkome bereik!

Baie liefdeloosheid word teen ons ingebring …
Verskillende kerke, kulture en politieke oortuigings …
Is my naaste vir my net so belangrik soos ekself?
Is my pyplyn verstop, as ek so aanhou delf?

14 Januarie 2009

 

As ek nie meer kan bid …

Ek sit na die hemel en kyk met leë oë
My skouers hang en is geboë.
Pyn en depressie laat my skaamteloos huil,
Geen plek voel veilig om in te skuil.

Wanneer ek nie meer weet hoe of waarheen …
Net die Gees wat in my woon hoor die geween.
Die Gees staan my ook in my swakheid by
En smeek by God namens my.

Dat God op so ‘n wyse in my swakheid by my is!
Ek verstaan dit nie, maar ek besef dat dit wonderlik is!
Wanneer ek wat ook al makeer, is dit ‘n geweldige troos!
Die Heilige Gees tree vir my in en ek’s een van God se kroos!

14 Januarie 2009
Rom. 8:26
Hy wat self God is, wéét wat my nood is.

 

Wie verstaan ‘n moederhart?

Wie verstaan ‘n moederhart?
‘n Hart so vol liefde groter as smart.
Sy maak ‘n verskil in die gejaag
van alles wat om ons wil vervaag.

Wie verstaan ‘n moederhart?
‘n Hart vol liefde wat ons soms vertrap …
Sonder dat ons dit altyd besef
Het ons haar hart met ‘n pyl getref!

Wie verstaan ‘n moederhart?
‘n Hart vol liefde wat in haar kinders glo.
Al kyk ander met groot misnoë
Maar sy bly kyk vol verwagting met groot oë.

Wie verstaan ‘n moederhart?
‘n Hart vol liefde met Job se geduld.
Sy wat nooit kan stilsit
behalwe as sy uit God se woord kan put.

Wie verstaan ‘n moederhart?
‘n Hart vol liefde wat nooit genoeg kan doen.
Om almal om haar te versoen
Tenspyte van alles bly ‘n ma ‘n kampioen!

20 Mei 2008

 

Laat in die nag

Hier waar ek in die donker nag bly.
Raak dit so stil, mens voel voël vry …
Stilte is tog so baie skaars.
Orals waat jy gaan hoor jy net ‘n geraas.

Hier is dit vanaand so stil
die stilte maak aan my siel ‘n verskil.
Van orals af kom die nag geluide
so verkwikkend om daarna te luister.
Die raserige nag se stilte
bring vrede in my binneste.

In die verte hoor ek ‘n trein se fluit
en ek kyk rustig deur die ruit,
met oë wat soek na die geluid
maar die nag het reeds die, gebuit.
‘n Hond se blaf laat in die nag
laat my wonder, wat môre vir ons wag.

Die nag raak wasig en koud
maar die komberse maak my benoud!
Kiewiete vlieg raserig laag oor die plaas.
Die gee my krag om môre nuwe lewe te blaas.

20 Mei 2008

 

Aandelemark

Wie van julle het al met die aandele gekarring?
Ek weet nie of dit uitgee is of ‘n bespaaring.
Ons hou die koerante, Tv en die radio dop …
Weet jy hoe vinnig kan jou hart oor die goed klop!

Die eendag is party aandele op
en die ander aandele maak ‘n hop.
Koop en verkoop gaan so vinnig.
So ‘n mal besigheid, dink ek innig …

Met Liefie se hulp maak ons ‘n bondel.
Ek’s oortuig dis niks anders as dobbel.
Die Jse is ‘n moeilike besigheid.
Dit weet ek in my enigheid …

14 Maart 2008

Donker Sonnige Suid-Afrika

Krag het ons nie en almal is opgeblaas
en maak oor die krag ‘n vreeslike geraas.
Sonder elektrisiteit kan niemand hulle haas
maar ons land bly darem nog bobaas.

Die kinders sit in Engeland en sê dis koud!
Die wind waai mens sommer benoud.
Hier is darem nog son en ons word oud
maar ons is nog lank nie koud.

Die wind in die Kaap is nie so erg soos daar
dit het die twee baie vinnig gewaar.
Meeste wat die tyd maak hulle beswaar.
Ek bly net hier raar maar waar!

14 Maart 2008

 

Ek’s moeilik

Dis agt dertig en my man is nog nie by die huis,
gin wonder ek moes iets anders kry om die tyd te verdryf!
Wat op deesaarde gaan nou weer aan?
Wie het nou weer, vir wie verslaan?
Die pad huistoe se gras is vaal
dis net 13 kilo’s jy kan dit haal …
Wie het nou vanaand besluit,
niks kan wag en niemand sal hom stuit?
Ek wil so graag vir jou my nuwe gediggie lees
maar jy’s net hier in die gees …
Want die werk val sekerlik vanaand weer uitmekaar
daar is mos altyd die een of ander krisis daar!
Kom tog huis toe, ek verlang na jou
en soek ‘n maatjie om vas te hou!
Ek skryf namens al die vrouens
die mans werk tot hulle flou is.
Geen genade vir die werkers
bly maar net lê as jul vrek is!
Waarom om is daar mense wat nie verstaan
dat ander ‘n liefdevolle huis het om heen te gaan.
Van son opkoms tot ondergaan kan gin mens werk
daar’s vir alles in die lewe ‘n tyd & ‘n perk!
Selfs naweke word niemand gespaar
en daar lê die groot gevaar!
Wanneer moet ‘n mens nou rus
as julle so knaend is met jul werkslus?

 

Uitnodiging

Laat daar fees wees
en miskien ook ‘n stukkie bees wees.
Dinge is aan die gebeur,
niks om oor te treur
behalwe vir verlore jeug …
Vir Eunice & A3 wat na 40 beweeg …
Daar’s “makietie” in die bos
en al die diere is los!
Kom kuier by Blauwboschbank,
ons sal jul vreeslik bedank!
Hierdie gedig is opgedra
aan ‘n wonderlike vriendin van goud.
En nie sommer oud!
Na 28 van sonder
is ons herenig in ‘n wonder!

 

Tipsie

Tippe “dog” jy is alte fraai
met haartjies wat voor jou oogies draai.
Jy is ons al twee se kinders
niemand sal dit waag om jou te hinder.
Met jou pragtige blonde haartjies
en ore wat regop staan soos 2 snaartjies.
Bedags slaap jy in mamma se skoenekas.
Jy verdra glad nie die stofsuier se geraas.
As Anna eers die stofsuier geberê
dan klim jy uit my kas, wat ‘n affêre.
As ek in die aand by die huis kom
het die kussings op ons bed nuwe duikies bekom.
Wanneer pappa heel wat later by die huis in stap,
gaan jy vir die eerste keer buite om op die gras te trap.
Nou is jy vol lewe en baie laffies,
jy praat met ons in verskillende blaffies.
Graag krap jy jou ruggie teen die koffietafel.
Jy kom sê, as pappa en die kinders ‘n geveg ontrafel.
As reël eet jy glad nie veel
behalwe as mamma hoender uitdeel.
As pappa aan die kluis se deur vat
dan vat jy opslag die pad!
Dadelik kom jy vir my sê,
pappa gaan die voëljies voorlê!
As ek eers dryg nou gaan ons bad!
Kruip jy graag weg onder pappa se blad.
Pappa is die gelukkigste man in die land
hy slaap met ‘n “blondie” aan elke kant!
Pappa & Mamma se hart se punt, dis jy
almal wil jou baie graag vry,
as hul jou net in die hande kan kry.
Gaan hul jou soen tot daar niks oorbly …

 

Vyfuur

As ek na 5 in die aand by my huis in stap
dan gee skok my sommer ‘n harde klap …
Dit gaan gewoonlik so mal
dat ek oor my eie voete wil val!
Eers stop ek voor die hek
waar meisiekind dadelik haar lippe begin aflek.
Dan wil ek klaar sommer net ween
as die hond my sien, dink sy aan ‘n been.

In die kombuis wag nog ‘n groter skok
Corney het vanmiddag gespeel sy ‘n kok!
Die vuil skottelgoed staan in die wasbak gepak
die Milo se ring het al droog geword op die rak …
Die wasgoedmandjie staan vir my vol en loer
gelukkig het die wasmasjien nie besluit om te toer …
Net my microgolf dink hy’s baie snaaks
en is vir die 2de keer nou opgeraap.

Hopelik het ek vanmôre onthou om vleis uit te haal
anders gaan ons vanaand slaap met ons magies kaal …
Tussen die kos & die koffie wat ek maak
voel ek hoe U my gedagtes aan raak.
Vir al wat ek werd is hol ek vir my rekenaar
en tik wat U my laat ervaar.
Menigde aande verbrand ek die kos
soms voel ek lus om sommer alles te los.

As Braam die aand vroeg is en sy draaibank aan raak
kan ek vereers alle bedrywighede op my rekenaar staak.
Dit is net daar wat ek na ‘n stuk papier gryp
want net nou is ek weet in die knyp.
Sit ek vanaand die lig af
gaan ek nou nou vir my papier moet draf.
As ek nie dadelik alles neer skryf
is my verstand môre weer styf.

2 Kronieke 15:7
“Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie,
want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang”.

 

Dankie Liewe Mamma

Liewe Mamma dankie vir al jou ondersteuning,
vir al die Liefde wat jy altyd saam bring.
Liewe Mamma dankie vir alles wat jy my mee help,
vir al die bystand en ook die geld.
Liewe Mamma dankie vir al jou ure se geduld,
vir al die swaar kry al was dit my skuld!
Liewe Mamma dankie vir al jou bystand,
vir al die opofferinge van jou kant!
Liewe Mamma dankie dat jy my van God geleer het.
Dankie Mamma dat jy in my geglo het!

13 Mei 2007

 

Dankie Liewe Tannie

Liewe Tannie Dankie vir al u ondersteuning,
vir al die Liefde wat u altyd mee bring.
Liewe Tannie Dankie vir alles waarmee u vir Pieter help,
vir al die bystand, u is ook sy held.
Liewe Tannie Dankie vir al u geduld,
vir al die swaar kry en wat Pieter u skuld!
Liewe Tannie Dankie vir al u bystand,
vir al die opofferinge van u kant!
Liewe Tannie Dankie vir die God’s voorbeeld bo.
Dankie Tannie dat u in ons glo!
Liewe Tannie Dankie vir die man aan my sy,
na hom sal ek mooi kyk, glo vir my!

13 Mei 2007

 

Omdraai

So gou gaan die tyd verby …
Dis alweer Augustus glo vir my.
Op ‘n einde is die winter,
die het gevlieg soos ‘n flinder.
Hy is verby soos ‘n nagmerrie droom,
ek sal jou vertel, sonder om te skroom.
Vroeg in die herfs val ek in diep donker hel.
Wat nie wou ophou, ek kan nie eers so ver tel.
Soos ‘n kaart huisie val my lewe uitmekaar.
Glo my ek was seer en amper klaar …
My familie en vriende staan my by,
ek het maklik heeldag onder die duvet gebly.
Mense raas, preek & bid vir my …
Toe kom daar ‘n engel uit die hemel verby!
“Ek gaan ‘n tou in gooi, vat net vas”.
Ek vat die tou en voel die ligter las.
Dis wonderlik om te weet watter
uitwerking het geloof, in ‘n ander.
Wat sê jy kan dit doen, doen dit vir my!
Nooit het die engel al met my baklei.
Dankie vir die hulp engel, laat nagte en jou tou,
wat nie bang is vir die donker se grou!
Wat my uit lig uit my eie koud.
Dat jy nie bang is of ooit benoud.
Wat sê jy kan dit doen, dis amper verby.
Terwyl almal my loop en vermy …
Ek is die groot skinder van die kring.
Die engel leer my om my te bedwing.
Voor ek my kon kry is ek onder beheer …
Nou gaan niemand my keer!

19 Augustus 2006

 

Ek’s moeilik

Dis agt dertig en my man is nog nie by die huis,
gin wonder ek moes iets leer om die tyd te verdryf!
Wat op deesaarde gaan nou weer aan?
Wie het nou weer, vir wie verslaan?
Die son het reeds lankal gedaal
dis net 13 kilo’s jy kan dit haal …
Wie het nou vanaand besluit,
niks kan wag en niemand sal hom stuit?
Ek wil so graag vir jou my nuwe gediggie lees
maar jy’s net hier in die gees …
Want die werk val sekerlik vanaand weer uitmekaar
daar is mos altyd die een of ander krisis daar!
Kom tog huis toe ek verlang na jou
en soek ‘n maatjie om vas te hou!
Ek skryf namens al die vrouens
die mans werk tot hulle flou is.
Geen genade vir die werkers
bly maar net lê, as jul vrek is!
Waarom is daar mense wat nie verstaan
dat ander ‘n liefdevolle huis het om heen te gaan.
Van sons opkoms tot ondergaan kan gin mens werk.
Daar is vir alles in die lewe ‘n perk!
Selfs naweke word niemand gespaar
en daar lê die groot gevaar!
Wanneer moet ‘n mens nou eintlik rus
as julle so knaend is, met jul werkslus?

16 Augustus 2006

 

Engele

“Rapunsel’s Castle” is ‘n regte kasteel
in die middel van die trappies is ‘n oranje sambreel.
Engele is geverf teen die een muur.
Uitspattig, bond en glad nie suur!
Engele is daar regtig in die Rapunsel se Kasteel.
Groot & klein, hul sal jou glad nie verveel.
Met ‘n klomp vertrekke, en baie winkeltjies.
Baie mooi goed en party selfs met blinkertjies.
Die engele vlieg vrolik in & uit by die deur.
Die koffiewinkel se engel se rus word versteur.
As jy deur die koffiewinkel se ruit na die tuin staar.
Kan jy sien hoe die engele vrolik daar baljaar.
Ja, ons het ons eie Sewende Laan
maar hul het nie ‘n gazette wat verstaan!
Slegs ons eie engel verstaan ons taal.
Jy is vir die ander baie spesiaal!
Dankie aan al die engele wat so hard werk
vir Griet en Dola wat soms skeef trek!

5 Junie 2006

 

Donker man

Jou lê hier langs my so bekend
en tog op ‘n manier so vreemd.
Jou asemhaling so rustig langs my
en tog lê ek in die donker en staar …

Ek ken jou stem, jou lang lyf, jou geluide,
jou donker hare, jou verleë laggie.
Tog voel dit soos ‘n vreemde man in my bed.
Ek kan glad nie slaap en lê en staar.

Donker man jy was so bekend.
Ek herken jou pragtige hande maar,
ek het die gevoel van hulle verloor.
En nog lê ek in die donker en staar …

Lang donker man jy is besig om weg te raak.
Ek kan nie meer onthou hoe dit was nie.
Probeer ek vas klou aan herinneringe?
Ek kan glad nie slaap en lê en staar.

In die garage is dit doodstil …
Die gekap en geraas is weg saam met jou.
Alles lê onder ‘n laag stof
en nog lê ek in die donker en staar.

5 Junie 2006

 

So Alleen

Ek wil vir jou skryf van alleen wees.
As jy bang is, is ek bevrees
hierdie is glad nie vir jou!
Waarom kan die lewe mens so knou?

In Kimberley sit my wederhelf en verrot.
en ek in Christiana dink dis uiters vrot.
Waarom is mens dan nou getroud
as elkeen sit met sy eie koud?

Gin mens kan op die manier komunikeer
die tien munite praat, keer nie die seer.
Hoe gelukkig is die wat vannag
vir hulle maatjies kan lê en wag.

Wie lê wakker in die middel van die nag
oor die bekommernisse van nog ‘n dag!
Met nie regtig iemand om te deel,
want by sy werk is, sy eie verdeel!

Soveel probleme om uit te sorteer!
Soveel mense wat op jou wil teer!
Soveel mense vat die geweer!
Soveel mense kan net nie meer …

Ek is so moeg vir die situasie.
Is dit die toekoms van die generasie?
Alleen wees is nie vir swakkelinge
ook nie vir my die geringde.

Ek glo nie God het ons gemaak
sonder mekaar se liefdevolle aanraak.
Gin wonder die ander slaap rond
tel dan vigs op en raak nie gesond!

Ek voel ook sommer net misluk en siek,
my omstandighede klink glad nie soos musiek!
Dit klink vir my na ‘n gekners van tande.
Niemand klap ook nou meer hande …

30 Mei 2006

 

Ja ek weet!

Ja ek weet, julle arme goed!
Julle harte pomp ook mos net bloed.
Julle hormone jaag heeltemal te hoog.
Dis waarom jul ouers heeldag so betoog.

Ja ek weet, jou sakgeld is te min!
Kan jou ouers jou nie net meer geld gin.
Maar jou ouers werk hard daarvoor.
Hulle het dit nie uit die lug getoor.

Ja ek weet, skool is sleg!
Die gevroeg opstaan is te erg.
Die tonne huiswerk en toetse skryf,
met ‘n swaar tas teen jou lyf.

Ja ek weet, ma is te kwaai!
Maar sy weet, sy kan net raai.
Onthou sy het oë agter haar kop
en hou jou heeltyd dop …

Ja ek weet, pa is baie baie streng!
Hy wil altyd met die huistoe kom tyd inmeng.
Hy was ook jonk en wou alles probeer.
Dit is waar hy uit sy foute moes leer.

Ja ek weet, julle het dit baie swaar,
jy is vet en al jou maats is maer.
Groepsdruk is ‘n lelike ding
moet nou nie jaloers raak en ander bespring!

Ja ek weet, jy dink jy is dom
en die ander in die klas snuif dalk gom.
Ek’s so bly my beurt om tiener te wees is verby.
Ja ek weet, niemand verstaan ook die gevry.

Ja ek weet, die onnies is ook te kwaai
hulle laat soms julle mae draai!

Ja ek weet!
Ja ek weet!

17 Mei 2006

 

Skinder

Moet vir niemand sê nie, maar ek wil jou iets vertel, gou!
Het jy gehoor, sjoe maar ek skinder nou.
Skinder het die vermoë om te groei.
Daardie brokkie skindernuus het jou geboei.

Lank en aandagtig het jy, “ek sal niks sê”, geluister.
So word daar weer in die volgende een se oor gefluister.
En op die manier groei die storie vinnig en verbete.
Die brokkie skindernuus ruk handuit, sonder kere.

Die eens twee minute skinderstorie is na ‘n week,
meer as ‘n halfuur lank, en tussen in is baie kweek!
Almal weet van die storie party net ‘n langer weergawe.
Hoe kry die beginners nou die storie begrawe?

Hier kom nou weer nuwe probleme!
Wie het nou eintlik wat gesê en wie gaan kere?
Nou verander skinder ook nog in lieg.
Iemand moet nou keer, so nou word daar bedrieg.

Bly weg van skinder stories en lieg
anders gaan jy iewers moet bieg.
Skinder en lieg is kop in een mus
en bring gewoonlik baie onrus.

17 Mei 2006

 

Herfs

Die bome in die straat het die pragtigste herfskleure
van diep donker rooie tot goudgele soos juwele.
Vanmôre was die eerste oggend wat dit gebeur het.
Wat ek ‘n dik wit laag ryp buite bespeur het.

Die laatmiddag son brand maar vlou.
As ek deur die ruit na buite staar,
is dit net die koelte wat my om vou.
En ek staar, maar ek het niks gewaar …

So nou en dan sweef ‘n herfs blaar na die grond
Buite is dit klaar weer bibberhind op die tand.
Vanaand vat die winters vingers weer hul Pond
en bly daar niks oor van die tuin se prag kant.

Net die Asters & Rose probeer nog vir oulaas blom
selfs die herfsblare klou aan die bome vas,
maar die tekens is daar! Die takke verloor hul gom
en binne kort dra ons ook almal ‘n kombers of ‘n jas.

Totsiens somer ons vang jou oor ‘n paar maande.
Die winter pes gaan ons eers teister, die verwande!
Die koue gaan alles laat vrek tot op die grond.
Dan kan ons van vooraf begin, ons is gesond!

8 Mei 2006

 

Donderweer

Stadig maar seker kom die wolke aan gerol.
Dis laat na middag en die son brand alles dor.
Die aarde is droog, vaal en smag na reën.
Die mense is uitgeput en hul wag vir U seën.

In die Weste gee die swart maalende wolke mens hoop.
Die eerste weerlig straal kloof die hemelruim oop.
Die weerlig dans wild in die hemelruim rond
en sy punte tref bulderhind enige plek die grond

Die wind het homself na die vroeë aand partytjie genooi
en is besig om alles daar buite rond te gooi.
Die aanhoudende weerlig strale steek
vas in ‘n naby boom se mik en hy breek …

Die maan het skelm agter my rug op gekom
en gooi lang skaduwees daar buite oor alles wat blom.
As die donker wolke vir die maan grynslag,
sluk die donderende wolke die maan in met ‘n lag!

Die blitse steek die veld aan die brand
en die wind jaag die vuur & rook na een kant!
Selfs die donker swart lewendige wolke
wil skeur oor die waaiende gloeiende vonke.

Met harde sware plof val die druppels op die dak
en stadig maar seker word die lekende vlamme geknak.
Die weerlig het aangeskuif met sy ramelende vertooning
en bring dalk daar ander kant ook ‘n beloning.

Die wind jaag die reëndruppels teen die ruit vas,
hulle hardloop teen die ruit af en verkas.
Nou raak die wolke vinnig van hul massa ontslae
hulle het darem nou al heeldag daaraan gedra.

Die dorstige aarde drink gulsig aan die strome
die vorm weer poeletjies onder die bome
Skoon gewas word die vaal, dorserige, swart, aarde
Dankie God, vir U genade.

2 November 2005

 

Ou Wes-Transvaal wind

Plante & bome buig, vir jou tot laag op die grond
en die ritselende blaartjies waai orals in hopies rond.
Skelm, waai jy die stof by my huisie in.
Die boere is bly jy laat die windpomp sing.

Die garagedak se sinkplate is iewers los
‘n sinkplaat slaan elke dan en wan, met ‘n plof!
Iewers in die huis is ‘n venster nie op knip.
Hy slaan toe, en ek skrik met ‘n wip!

Hier is nie ‘n elkele dier in sig …
Voëltjies het julle ook besluit om te vlug?
Waarom roei en stoei jy so, nare ou wind?
Ek sal maar vrede op ‘n ander plek moet vind!

So onrustig jaag jy alles buite rond,
raak nou net kalm en gaan lê op die grond.
Alles is nou al deurmekaar gewaai.
Ek sal bly wees, as jy sê baai!

25 Junie 2005

 

Vadersdag

Aan al die “Biker” Pa’s wat in ons omgewing bly.
Mag hierdie vir julle ‘n wonderlike dag bly!
Kuier lekker saam met Familie, Vriende & Kinders.
Geen een sal vandag, jul waag verhinder

Ons het al die vrouens bymekaar getrek,
nou gaan ons eers bietjie hard werk.
Net vir goeie getroue pa’s is dit gereël,
vir ons was die moeite nie te veel!

“Biker” Pa, jy is goed vir jou familie!
Daarom wil ons vandag jou lag spiere kielie.
Hoop jy geniet jou Spesiale dag!
Van al die vroue in die klub, met ‘n krag.

19 Junie 2005

 

Kinders
Maak ‘n span groot, ek wil jou sien
niemand kan so ‘n geboelie verdien.
Soms kan hul jou teen die muur uitdryf
Ander kere maak hul jou nek styf

Hul kom met al die stories van die skool
Party maal kan hul nie ophou gool.
Eers was ons ‘n huisgesin
Nou’s ons ‘n gemeente, wat ‘n ding!

Van hul verstaan suiwer Afrikaans
met ander moes ek soms eers raas!
As hul met handleidings gebore was
was ek miskien soms minder kras!

Hul kan baklei dat die hare spat
Ander kere weer soos ‘n ge-oliede rat.
Dis nou regtig ‘n petalje
As jy dit reg kry, verdien jy ‘n medalje!

6 Junie 2005

 

Liefde

Daar’s baie oues wat van jou gaan hou
dis gewoonlik nie, die wat jy wil vashou!
Die waarvan jy nogal baie dink
is besig om met ander te rinkink.

Hoe moet jy hul aandag trek?
Daar’s so baie moontlikhede wat sal werk …
Of miskien stil sit en wag
vir die regte oomblik eendag.

Maar is eendag dalk nie te laat?
Moet tog nie dink aan wraak!
Skoonheid sal eendag vergaan
maar deug sal vir altyd bly staan!

Met deug mag jy nie ander mense verniel
want onthou jy het ‘n siel!
Met skoonheid mag jy ook nie op ander trap
die ander mense het ook ‘n hart!

Maak nie saak hou jy lyk
in God se oë is ons almal gelyk!
Baie van ons sal ‘n maatjie kry.
Ek weet net nie hoe lank gaan jy moet ly …

Party maal sien jy iemand raak,
jy lyk nie of jy hom kan traak.
Sit net stil en verduur.
God sal jou maatjie vir jou stuur!

Bid vir die regte maat en die karakter eienskappe waarvan jy hou,
ons PA sal vir jou op die regte tyd ‘n vriend stuur, HY’s so getrou!

8 April 2005

Vriendin

‘n Ware vriendin is ‘n kosbare besitting!
As ek afdwaal hou jy altyd vir my rigting …
Jy’s soos ‘n verfrissende vars fontein
met koel blou water wat nooit verdryn.
Jy verstaan as ek praat en het begrip
en ek weet niks sal oor jou lippe glip.
Jy’s ‘n ware sit, “Shut-up” en luister vriendin
van jou soort kry ‘n mens maar min!
As my hart van ontsteltenis bewe,
dan bring jy in my weer nuwe lewe.
Maak nie saak of my probleem onbenulligs is.
Jy sal altyd luister en my reg inlig.
Jy bring kalmte en rustigheid binne in my
as die lewe my soms wil onderkry …

Jesus vrede

6 September 2004

 

Lente

Ek het seker twee weke laas gedig,
natuurlik voel ek nou skuldig.
Stadig maar seker verander die seisoen,
nou is daar weer so baie om te doen.
Daar is weer oorlog teen die bossies
en die saadtjies plant ek nou net lossies.
Die winter blommetjies se saad word gevang
en al die dooie blare is nou in gedrang.
Die skerp snoeiskêre lê en loer
vir enige geel blaar wat waag en roer.
So hou ons die tuin in bedwang
ek, die snoeiskêre en die tuinslang!
Dieselfde kleur blomme word in een bedding geplant.
Die wittes in een lang bedding, dis ook die warm kant.
Die blou blomme teen die muur heel noord.
Die geel & rooi, blom rustig in die ander beddings voort.
Om die gras te sny is seker die aakligste deel
maar dit moet gebeur, dis ‘n goue reël!
Ek hou van die gesnyde gras se reuk
Braam kan my tog so verneuk …
Dit is so wonderlik vir my
Elke keer as ek moeilik is, vang hy vir my.
Deur net die gras of rante te sny,
dadelik verander my slegte bui!

6 September 2004

 

André

Here Help! André maak my so klaar
ek geweet daar is weer groot gevaar!
Het hy dan niks gehoor toe hy in die huis was nie?
Ek kan nie glo ek verdien dit nie!
As ek vir maande niks van hom hoor
kan ek maar weet hy is met dwelms getoor!
Want hy maak van die môre tot die aand net droog!
Hy speel met my op die wêreld se verhoog.
Andrè is alweer op ‘n dwelm missie
Kan hy dan die regte keuses kies nie?
Hoe moet ek voel, ek het hom groot gemaak!
Dit lyk nie of enige iets hom kan traak!
André kon jy nie verstaan
waaroor dit nou eintlik gaan!
Het ek & Pappa dan Grieks gepraat
toe ons gesê het bly uit die straat!
Moet jou asb. nie met drank ophou
nou is dit sommer met dwelms in die mou!
André met die jonge Marie aan jou sy
gaan jy net baie moeilikheid kry.
Sy definitief nie die maat vir jou
sy’s ook nie die regte een vir jou vrou!
Sy gaan jou heeltemal verniel
en voor satan gaan sy jou laat kniel!
Vir ‘n 3de keer in ‘n tronk sel toegeluit
wanneer gaan dit jou laat stuit?
Aan jou kop het ek gedog jy het ore
hoeveel keer het ek nou al van my laat hore?
Elke keer as ek jou waarsku
dan kyk jy na my met ‘n gluur …

30 Augustus 2004

 

Nuwe dag

As die Jasmyn net eers wil blom
dan is dit tyd dat ek in my tuin moet kom.
Die rose het al begin uitloop.
Oral in my tuin is daar nuwe hoop!
‘n Nuwe somer met nuwe drome.
Hierdie jaar maak ek my drome volkome.
Die laatmiddag son is nou net onder die wolke verby.
Die geel sonstrale skiet hoog in die lug verby
Here Jesus vanjaar wil ek weer my eie huis hê.
Met klip en hout en ‘n gras dak wat bo op lê.
As dit U wil is asb. ‘n kaggel ook
wat ek elke winter heeldag kan stook.
Op die onderste vlak is Braam se speelplek.
Bo maak ek my eie merk.
Met groot kliptorings weerskant, van onder tot bo
met garages onder en stoep daar bo.
Here ek vra vir twee badkamers
en Here ook vir drie slaapkamers.
Nou is die son ‘n groot piek bal,
wat agter die horison wil in val.
Met vensters groot en van glas.
‘n Huis in my dorp van sy eie klas.
As jy na my droom huis kyk
moet jy sommer net stuit.
Dis God se kind wat daar bly,
sy is deur U beloftes lankal bevry.
Die son is nou heeltemal onder
en die donker is besig om my te oordonder.
Ek het so baie seëninge ek kan hul nie tel!
Die huis se naam sal wees Betel
wat beteken huis van God!

20 Augustus 2004

 

Reënboognasie

O, reënboog wat is jou betekenis?
Ons hoef ons nooit weer met soveel water te misgis.
Dit staan in die bybel tog so getrou.
Lank gelede het God vir Noag ‘n ark laat bou.
Ons God het ook so baie van Suid Afrika gehou
daarom het Hy ons laat behou.
Ons bly so baie ver suid
tog het die nasies ons uitgekruit!
Ons het die kleure van die reënboog saam gegooi
en kyk nou, die allermooiste is opgetooi.
Na 10 jaar van demokrasie en in vrede saam lewe
het ons steed nie nodig om te bewe.
Die geveg is nie tussen die nasies se kleure
maar tussen lig & donker, vir die Here!
Dis tussen die engele in die lug
en die bose geeste moet net vlug!
Dit is vir elkeen van ons ‘n wilsbesluit
en die regte keuse moet daar uitspruit!
Maak nie saak wat se kleur is jou vel
dis in werklikheid Jesus wat tel!
Solank ons ‘n siel het en verstaan
dis aan God wat die eer moet gaan!

16 Augustus 2004

 

Keurboomstrand

Net oor die Outeniekwaberg deur die draai,
gewaar jy die aller mooiste baai!
Eers kry jy die lang afdraend,
daar lê die dorp op jou regterhand.
Selfs al kom jy oor die Prins Alfred pas,
lê die baai daar, soos groen gras.
Ons kom net ander kant Plett tot stilstand
die plekkie se naam is Keurboomstrand.
Hier’s ‘n vreemde kruieagtige reuk van ‘n bossie
wat jou nooit weer gaan laat lossie.
Vir jare lank het ons na Plett gegaan.
Die plekkie maak mens so aangedaan.
Desember vakansies hier bly altyd lekker
al val die reën op die karavaan se dak, met ‘n geknetter.
Ons trek die karavane in ‘n sirkel.
Die braaier en die vuur kom in die middel.
Bedags gaan vang die mans gewoonlik vis,
ek kan dan in die natuur se skoonheid sit en rus.
Soms stap hul met hul visstokke na Grootbank
ander kere na Platbank of Pietsebank.
Die kinders baljaar graag in die see.
Pasop vir die strome, hul trek jul dalk mee.
Later in die dag is ons baie trots op die mans.
‘n Hele bos vissies was die dag se vangs.
‘n Vriend van my het altyd gesê: “As jy lus is
vir vis is, moet jy by die kus is.”
In die aand sit ons almal om die vuur,
vir heelwat langer as ‘n paar uur …
‘n Vreeslike “lamboudia” pak my elke jaar,
die Tsitsikamma koors kry ek net daar.
Ek sit sit hier en ek sit daar
ek voel nie rêrig siek nie, dit het ek gewaar.
Op Sondae hou ons kerk onder die Melkhoutbome
elkeen kom met sy kampstoel en sy drome.
In die agtergrond hoor jy die see se gedruis.
Hier in die boskerk voel almal tuis!

14 Augustus 2004

 

Voorwoord

My moed het baie keer weggedrywe
om hierdie gediggies te skrywe.
Ek het nie geweet of julle sal verstaan
wat in my gedagtes aangaan.
Ek skryf oor goed wat ek voel
en baie keer oor goed wat ek bedoel.
Ek hoop julle sal kan besin
oor die lig wat dit in my bring!

Psalm 37:4
“Vind jou vreugde in die Here,
en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”

10 Augustus 2004

 

Rhino Rally

Die “Rhino Rally” is amper weer hier
vir my laat dit die dorp verander, in ‘n plesier.
‘n Stukkie van die hoofstraat word toegemaak.
Die ouens kan dan met hul fietse lekker laf raak.
Die besighede in die dorp is baie behep
om daardie naweek weer baie geld te skep.
Van die Woensdag af begin die “rally” gangers kom.
Stadig maar seker verander die dorp, in ‘n groot gebrom.
Van heinde en ver kom die mense,
van hul kom selfs van oor die grense.
Vrydagaand verander die dorp se gedaante
daar’s net motorfietse waar jy kyk, ons is almal gaande.
Nkolo Spa is ‘n miernes van bedrywighede
die polisie is ook daar en bewaar die vrede!
Teen Saterdagoggend is baie nie mooi by,
hul het gisteraand niks slaap ingekry.
Orals moet jy maar mooi kyk waar jy loop
anders ry een jou sekerlik dood.
Saterdagmiddag is baie so vol stroop
dat hul nie eers kan onthou waar het hul dit gekoop.
Sondagoggend lyk baie mense siek vir my.
Ek dink party het teveel voggies in gekry.
Die meeste van die “bikers” ry nogal vroeg
die lang pad huistoe word nou terug geswoeg.
Nou kan die dorp se mense rustig gaan slaap.
Baie het nou al die heel week geloop en gaap.

Liewe Heer, beskerm & bewaar
al die mense & ons die “bikers” vanjaar!

9 Augustus 2004

 

Helen Steiner Rice

Ek dink dit was ‘n Vrydag die 3de Junie 1988.
Ek kan onthou ek was baie moedeloos.
Ek hol by Lux Verbi in opsoek
na iets wat my kan troos.
Tussen al die boeke kry ek ‘n boekie
met die naam “Net vir jou”.
Ek het geweet, ek moet nie verder soek nie.
Die boekie val oop op bladsy 17.
Die gedig se naam is “God weet die Beste”.
“Ons Vader weet die beste.”
“Waarom moet ons dus kla”
“As Hy vir ons reën stuur”
“As ons vir sonskyn vra”
Ek draai net daarom
met die boek in my hand.
Helen se gedig het my opgesom …
God het haar gebruik om met my te praat!
Ek het Helen Steiner Rice se bundel
seker al ‘n honderd keer deur gelees.
Elke keer lees ek iets nuuts
wat vir my gewys word deur God’s Gees.
Dankie Helen Steiner Rice vir die boek
dit het my terug geruk tot by God …
Jy’s ‘n instrument in God se hand
wat my lewe verander het in genot!
Ek moes eers die gewoonte aan leer
om baie stil te raak en te luister.
Nou kan ek nie wag vir die Gees
om in my oë of oor te kom fluister!

Live is wurth living “He’s Alive!
Be Bold!

8 Augustus 2004

 

Jan F.E. Celliers

Gisteraand lees ek van die man van 1865 tot 1940
Een van die gedigte se naam is “Die vlakte”,
sy eerste gedig het hy geskryf op veertig.
My geheue gaan na my kinderdae se diepte.

“Ek slaap in die rus van die eeue gesus,”
“Leviatansgeslagte, geweldig van kragte -”
“Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof
kom die eerste druppels neer,”

Daar kom herinneringe van die stukkies
my pa het dit baie vir my opgesê …
Ek verlang nou so na die rukkies
om my ma & pa hierby my te hê.

Menigde kere het pappa vir my van gedigte vertel
en seker al ‘n honderd keer vir my herhaal.
Nou is ek op veertig besig om my eie op te stel
om te skryf aan my eie persoonlike verhaal.

Ek en Jan F. E. Celliers het nogal baie ingemeen.
Ons eie ervarings is ons kragtigste bron.
Ons altwee het lank gewag voor ons begin dig het
en my pa wat die liefde aan my vas gom.

Die onderwerpe is vir my baie maklik.
As kind het my ma my van God geleer.
Ek wil hulle bedank, baie hartlik!
Ek het dit wat ek by hul geleer het, gekombineer.

7 Augustus 2004

 

Radio Kansel

Soms weet ek voor die tyd waaroor ek en God gaan skryf
ek het ‘n naam maar niks vir die gedig se lyf.
Dan beweeg God en spring deur my aan die werk
en voor ek agter kom het ons ‘n gediggie bewerk.
Vir baie jare was ek bevoorreg en kon elke môre na jul luister
dit was so wonderlik om God se Gees deur julle te hoor fluister.
God het julle gebruik om my te inspireer
en my tot groter hoogtes te laat reageer.

Twee jaar gelede het ek in die klein dorpie beland
ek kon julle nie op my radio kry en was heeltemal onkant.
Die gemis na my kinders en julle bekende stemme
met mooi boodskappe wat om my hart remme.
Van alle bekendes was dit “Jerigo Mure” wat my bereik
slegs Bennie Mostert en sy ” Bou ‘n huis van Gebed”.
Vir baie lank was daar in my hart groot verlange
nou het ek vrede gemaak met die stil gange.

Gelukkig het die Heilige Gees my iets nuuts geleer
om op Sy gefluister dadelik te reageer.
Eers moes ek die tempratuur tussen my en God regkry
toe moes ek leer om al my gedagtes te onderskei.
Ek soek die versie wat Bennie Mostert onder skryf, aan elke briefie
maar die Heilige Gees sê nee, dit pas nie by die gediggie,
probeer eerder Efesiërs drie vers twintig!
Dankie dat ek die stem van God kan hoor, in elke gedig!

Efesiërs 3:20
“Aan Hom wat deur Sy krag in ons werk, magtig is om
oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,”

Augustus 2004

 

Laataand

Dis 18 grade daar buite kant!
Ek dink die winter verloor sy tand.
Ek kan nie meer wag,
om die somer te betrag!

Ek is so baie moeg vir koud kry
die somer moet ons nou kom bevry!
Here, die winter is seker mooi
maar vir ander ou, nie vir hierdie nooi!

My voete kry in my pantoffels so warm
ek het my voete uit my 4 x 4’s gewurm.
Die somer is aan die kom, dit maak my opgewonde
ek tik so vinnig en deur mekaar, ek voel soos ‘n blonde …

Here, vanaand kan ek ‘n gediggie skryf
sonder dat die tv my laat verstyf.
Vir die eerste keer so onder die geraas
kan ek met U praat sonder dat ek afblaas.

Gewoonlik verloor ek my hele storie
en gee maar aan die tv die glorie …
Ek sukkel om myself nou elke aand af te sit
ek het geleer bokant tv uit te vlieg, wat ‘n wonderlike rit!

Filippense 4:13
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Augustus 2004

 

Verskille & Grille

Here, die omstandighede is so verskillend
soos wit en swart so verkullend.
Ek kan nie glo daar is soveel wraak
dat party mense jou so maklik kan afkraak.
Hoe kan mens jou naaste so verskree
om nog en nog meer, moet hul gee!
Omgee en naaste liefde bestaan nie hier
almal kyk hoe hul mekaar se lewens kan versuur.

Niemand wat moeite doen om jou iets te leer
die vorige persoon is lankal reeds heen.
Ek is geleer van mooi en goeie maniere
maar dit tel niks by hierdie menere.
Hoe meer jy vloek en loop en skel
hoe meer is jy by die base in tel.
Teen ‘n muur moes ek lank vaskyk
en baie mense probeer ontwyk …

Die groot lang maer kantoor is heeltemal oorvol
hier hoor jy almal se lief & leed tot jy wil weghol!
In die groot kantoor is die mense ingeryg
dit laat jou voel om na jou asem te hyg
Die telefone wat sonder einde kan lui
geen wonder almal is heeldag in ‘n sleg bui.
Niks in hierdie kantoor is privaat
jy weet presies van elke storie se draad!

Nou is die omstandighede so omgedraai
ek kan na buite staar, na die wind se waai
Vir die eerste keer in baie jare
voel ek die oggendson op my are.
Ek dog ordentlike mense het uitgesterf
toe kry ek ‘n verrassing wat my bederf.
Gaaf, vriendelik en met goeie maniere
sonder om te werk op mekaar se nekspiere.

Augustus 2004

 

Die Rooi Das

Van die ouens in die motorfiets klub het my gevra
om ‘n gediggie te skryf oor die rooi das wat hul moet dra
Dit gebeur gewoonlik wanneer hulle nie mooi dink
Soms as die ouens lekker kuier en te veel drink
Ek weet die “bike” laat jou voel jy’s vry!
maar pasop vir val, as hy jou net in die hande kan kry …
Die pad en grysklippies maak lelik seer
en val kan jy soms net glad nie keer …

Aan die skrape op jou pragtige fiets
“hallo rooi das” en teer wat piets.
Jou swart leerbaadjie vertel ook ‘n boek
van dalk windgat of dalk van spoed …
Of gery en gedroom en ‘n slaggat!
Toe tref jy en die “bike” dalk die pad?
Met trots moet jy maar die rooi das dra
anders moes ons dalk vir ‘n kis gaan vra …

Julle moet vandag so ry
om môre nog daarvan te kan kry.
Pasop vir die pyp en bly sy baas
anders sal ons met julle moet raas!
Dankie Heer dat U die klublede so bewaar
ons is voltallig en almal nog daar.
Ry versigtig anders is dit dalk vitaal
en dit is dan heeltemal finaal …

Augustus 2004

Meerkat

Ons en ons meerkat
Bly almal saam in die grondpad,
As hy heeldag krap, krap, krap
wil ek hom net klap, klap, klap!

Hy wil net grou en grou
Om net aan iets te kan kou
Sy lyf is vol streppies,
Skeur hy al my boeke in reppies!

Sy stertjie lyk soos die van ‘n muis,
Hy hardloop heel dag deur die huis.
Soms knibbel hy aan my
dan kan my vinger vreeslik ly!

Sy gunsteling kos bly altyd net kaas
as jy dit vir hom gee kan hy vreeslik raas!
Hy krap al sy kos uit sy bakkie
hy eet regtig soos ‘n klein varkie!

31 Julie 2004

 

God se Wonders

God se wonders is fantasties
Ons gaan onder somer drasties
Ons wil hê God moet sien,
Ons wil Hom met ons hele harte dien.

God is Heer en net Hy alleen,
Met alles wat Hy my mee seën mee seën
Loop my lewe oor en oor,
Sonder Hom sal ons verloor.

Smart is so baie in ons land
Ons moet ons sondes af gooi in die sand
Want in die hemel is dit net lag,
Sonder al die aarde se smag

Die Here het ek lief
Hy het my hart somer net so gedief,
Dankie Heer meer en meer

30 Julie 2004

My briefie kind

Aan my briefie kind van God gestuur.
Die gedagte aan nog ‘n kind kon ek glad nie verduur.
Maar dankie tog ons GOD weet beter.
Wat ons moet hê al veg ons verbete.

‘n Pragtige kind met ‘n hart van goud
mens sal sê, die aarde se sout.
Sy’s klein en fyn soos haar ma
maar met die stappie van haar pa.

Soms is sy lui
dan wil ek haar verruil,
maar ek’s lief vir haar
sy roer my hart se snaar.

Sy’s baie lief vir die natuur
en dra ook huis toe elke dier.
Haar kamer lyk of hy soms ontplof
dan besing ek glad meer haar lof.

Sy’s lief vir God
en onderhou sy gebod.
Sy gee om vir haar naastes
en deel al haar bates.

‘n Kok wil sy word
met geld wat ek en haar pa nog kort.
God sal voorsien
omdat sy Hom so mooi dien.

Net vir jou my briefie kind.
Hierdie gediggie het ek in my hart gevind.
Saam sal swoeg en sweet tot op die rant.
God sal ons help tot by die ander kant!

30 Julie 2004
ns. My briefie kind skryf graag vir haar ma
In haar briefies kan sy soms vreeslik kla

Pappa & Mamma

Dankie Heer vir altwee my ouers
want nooit lui is en sit op hul loure.
Dankie Heer hul het my van U geleer
by my gestaan, wanneer ek dit begeer.

Vir hul voorbeeld elke dag getrou
wat my weer help om my lewe te bou.
Vir die lekker lag en kuier saam
by pappa se lapa so aangenaam.

Dankie Here dat U hul bewaar.
Seën hul ryklik Heer sommer net daar.
Gee hul die wysheid, insig & krag
wat hul mag nodig hê vir elke dag.

Here gaan met hulle finansieel,
want die garage kan hul tog so verdeel.
Help hul om die garage te verkoop.
Mag die regte persoon daar in loop.

Dankie Heer dat U hul vir my spaar.
Dankie Heer pappa is uitgevaar.
Waar hy daar in die hospitaal bed lê.
Dankie Heer dat ek my ouers nog by my mag hê!

28 Julie 2004

 

Braam

Ek wil vandag van jou skryf.
Ek voel sommer ‘n warmte hier in my lyf.
Jy’s my maatjie, my vennoot, my beste pel.
Sonder jou sal ek voel ek’s in die hel!

Jy’s so hardwerkend en pligsgetrou
dis sommer net maklik om van jou te hou.
Jy staan my by in tye van nood
deur dik en dun voorsien jy brood!

Met jou swart leerbaadjie aan
sal niemand jou kan weerstaan …
Aan ‘n “mean machine” laat jy my dink op jou motorfiets so swart en blink.

Die ouderdom is besig om jou te bekruip
jou hare word stadigaan in silver gedruip.
Dis lekker om te sien hoe God jou verander.
Jy beweeg na God al nader en nader!

Jy moet net laat los & glo
God’s in die hemel daar bo!
Hy sal aan jou mildelik voorsien
al wat jy moet doen is Hom dien!

Ek ken jou omstandighede by die werk
God sal jou beskerm tot elke perk.
God ken jou gedagtes voor jy dit dink.
Hy sal na jou omsien in ‘n oorwink.

“Die seuntjie met die vissie en brood”
wat almal uit help in hul nood.
Dis jy my man deur God gegee
ek staan net stom en heeltemal verleë

Liefde

Jou vrou.

28 Julie 2004

 

Die Dorpie Waarin Ek Bly

Die dorpie waarin ek bly
Is ‘n arm gemeenskap, lyk dit vir my
Huis, paleis, pondok, varkhok
almal woon in die selfde blok.
Die gras op die sypaadjies
skied lankal reeds al saadjies
Aan die dorpie in geheel
is armmoede die groot reël.

Hier is geen werk beskikbaar
vir die mense is dit swaar
Die dorpie is maar baie klein
en net so erg is hul onrein.
Ellende is hier aan die orde van die dag
hier is heeltemal te min koop krag.
Van besighede se rekeninge wat in groot stede bly
en dit het gevolg laat die dorp nog meer ly …

My hart bloei vir mens en dier
dis baie warm en baie koud hier.
Die natuur kan sy uiterstes hier woed
die rivier was ookal hier invloed.
In die warm soel somer maande
kan geen mens slaap in die aande.
Die wolke kom en pak swart saam
die swaar weerlig gaan nou nou slaan!

As die geestelik groei
van hierdie klein dorpie net wil bloei.
As die wat het net meer wil bydra
sal ons dorpie dalk soveel meer kan verdra.
Deur te gee ontvang jy
en sal ons ons dorpie kan bevry.
Kom ons begin operasie ontwikkel
dan sal ons dorpie nie so sukkel.

Begrawe tog die ou styd byl
die dorpie sal vorentoe skied soos ‘n pyl!
Sonder mekaar het ons niks
wat help dit dan party is fluks.
Vergewe asb. en vergeet
voordat niemand niks het, voor ons weet.
Voordat almal hul goedjies moet oppak
en gaan woon in ‘n groot stad …

Julie 2004

 

In my tuin

Vader, my beker loop oor
ek gee met my hele hart aan U oor!
Om voor U, Jesus te mag buig
dit laat my elke dag juig!

Hoe meer ek geestelik groei
elke dag word ek meer geboei …
Ek wat verstaan en die Here ken.
Daar’s meer vir my, ek kan net wen.

Die Heilige Gees woon in my
en praat met my as ek net stil wil bly.
Ek het ‘n nuwe gawe ontdek
maar het dit voorheen nooit opgemerk.

O Jesus help my, om my gawe te gebruik
om U by mense se lewens in te sluit.
vir U is ek ‘n offer, lewendige
Maak my op die altaar nie bewerig …

Dis die saak maaklikste ding in my lewe.
Bekragtig my deur U gees en help my strewe.
Help my om die strome lewende water
te neem na die mense so verlate.

Bemagdigde krag van die Heilige Gees
help om my gawes nie te vrees.
Vervul my met U wysheid, mag & krag
om te oorwin, elke dag …

Sagaria 4:6
“Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar
deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

Julie 2004

 

My beker loop oor

Vader, my beker loop oor
ek gee met my hele hart aan U oor!
Om voor U, Jesus te mag buig
dit laat my elke dag juig!

Hoe meer ek geestelik groei
elke dag word ek meer geboei …
Ek wat verstaan en die Here ken.
Daar’s meer vir my, ek kan net wen.

Die Heilige Gees woon in my
en praat met my as ek net stil wil bly.
Ek het ‘n nuwe gawe ontdek
maar het dit voorheen nooit opgemerk.

O Jesus help my, om my gawe te gebruik
om U by mense se lewens in te sluit.
vir U is ek ‘n offer, lewendige
Maak my op die altaar nie bewerig …

Dis die saak maaklikste ding in my lewe.
Bekragtig my deur U gees en help my strewe.
Help my om die strome lewende water
te neem na die mense so verlate.

Bemagdigde krag van die Heilige Gees
help om my gawes nie te vrees.
Vervul my met U wysheid, mag & krag
om te oorwin, elke dag …

Sagaria 4:6
“Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar
deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

Julie 2004

 

Huisie in die Bos

Dankie GOD vir my huisie in die bos!
Ek weet U het my lief en sal my nooit nie los.
Deur beproewings & gevaar,
staan U styf teen my soos ‘n lewensaar.

Met diere bure om my heen
ontvang ek elke dag U seën.
Die gras is lank & vaal
en die bome is meestal kaal.

Die veld en die diere maak my rustig
en gee my die die tyd om my aan U te verlustig.
Die sonskyn warm by die venster in
en gee my warm tyd om met U deur te bring.

Die tyd saam met U maak my stil
en ek voel hoe raak ek met U gees vervul.
Dankie vir die kosbare tyd om saam met U te kuier
Dankie vir die tyd om te stop en te luier …

By my huisie in die bos
kon ek alles net eers laatlos.
Met die krag van gebed!
Het God al my gebede gered!

Laat in die nag sê die Heilige Gees vir my
maak oop jou bybel dan sal Ek jou ly.

2 Korintiërs 6:2 “Hy sê: Op die regte tyd het Ek jou gebede ver-
hoor, en op die dag van redding het Ek jou ge-
help.”

Julie 2004

 

Kameelperd

Kameelperd met jou lang nek
en daarby ook ‘n breebek
jou bene is so lank
en baie mooi slank.

Gekamofleur vir die veld
met kolle wat mooi in smelt
met al die skakerings van bruin
kan jy sommer gou gou verdwyn

Dankie tog jy is so lank
want die bome se takkies sit aan die bo kant
Grasuees kan jy draf
en soms stil staan soos ‘n graf

Nuuskierige kameelperd wat vir my loer
jy het my nou vreeslik meegevoer
Jy amiseeur my verskriklik
en dis baie verruklik.

2004

Die jagluiperd

Jy is familie van die kat
maar jy kan vreeslik hard klap
Orals is daar kolle op jou lyf
en jou ore staan stok styf

As die son op jou skyn
is jou pels so rooi bruin
Jou oë is so mooi groen
dit lyk soos die veld in die somer seisoen

Jy lê in die son en bak
doer bo in die boom se tak
As jy jou prooi bekruip
is daar nie sommer iets wat jou fnuik

Jou potte, jou oë, jou bek en jou neus
al te pragtig tog, bly ek vrees
Hier waar ek staan lyk jy te fraai
maar in werklikheid is jy tog te kwaai …

2004

 

Dankie Heer

Vader in die hemel hoog
Almagtige ek wil U loof
U naam vereer
want, U regeer!

Dankie Heer my ore & oë is oop.
Dankie Heer ek is gedoop.
Dankie Heer ek het geloof.
Dankie Heer satan kan my nie beroof.

Dankie Heer vir vriende teer.
Dankie Heer vir familie meer.
Dankie Heer vir kinders wat U gee.
Dankie Heer vir my man nog meer.

Dankie Heer ons is gesond.
Dankie Heer ons maggies is rond.
Dankie Heer vir ons werk.
Dankie Heer vir U kerk.

Dankie Heer vir liefdevolle vriende.
Dankie Heer vir ‘n dierbare bediende.
Dankie Heer vir beursie vol geld.
Dankie Heer ons ken nie geweld!

Dankie Heer vir U liefde so getrou.
Dankie Heer laat U ons onthou.
Dankie Heer dat U voorsien.
Dankie Heer ons kan U dien!

Dankie Heer ons het geleer
dankie Heer dat U regeer!
Dankie Heer ons is so afhanklik
van U grootheid tog so spraklik!

2004

Uitroep na God

God waarom voel ek so vertrap?
Niemand wat omgee wil dit verklap …
Gelukkig was Daniël in die leeukuil nie verskeur.
Ek & my medewerker is baie verdeel.
Vir my man is daar groot moontlikhede.
Vir my en my medewerker net groot probleme.
Hoe moet ons die besigheid se krediteure
voor elke maand die 10de kere?
Maar eending moet ek onthou,
God is in alles getrou!
In die nag sê die Gees gaan maakoop jou bybel
dan sal jy nie meer so twyfel …

2 Korintiërs 4:16-17
“Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al
is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word
ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in
hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar
dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles
verreweg oortref en wat ewig bly.”

Winter 2003

 

Bely

O, Jesus seun van God!
Waarom is dit vir ons so moeilik
om te bly in God’s gebod?
Ons leef elke dag so sondig.
Voordat ons, ons kan kry
het satan ons reeds weer verly.
Stuur asb. U engele
om ons te beskerm teen ellende.

O, Jesus seun van God!
Help ons met die onderhou van elke gebod.
Ons dink ons is so ordelik
leef elke dag so sondelik.
Die Heilige Gees is hier
maar ons doen niks om dit te vier!
Niks sal U steur, om Grote Heer
om enige oomblik terug te keer …
Gaan ons dan saam?
of sal ons, ons skaam?

Winter 2003

 

Seëninge

Groot & Almagtige Vader
ons seën is by U vergader.
As ons dit nie van U vra,
sal U dit nie tot by ons dra.

Here ek smeek U om ons ryklik te seën
aan ons & ons kinders en ander wat ween.
Om ons sondes te vergewe
en ons te help om te herlewe.

Hierdie is ‘n uitroep & ‘n gebed
aan die Koning sonder smet!
O Vader in die hemelryk
sal hierdie gebed U asb. beryk!

Sit ek die lig af Grote Heer
kry ek inspirasie van die Geëer.
In ons swakheid werk die Heer
en ontvang ek elke dag net meer.

1 Kronieke 4:10
“Jabes gebed”
“Stort U seën oor my uit, vergroot my grond –
gebied, neem my onder U beskering en weerhou
onheil van my sodat geen smart my sal tref.”

2003

 

Lanklaas

Ons Vader in die hemel hoog!
Wanneer laas het ek ‘n gedig aan U gepoog?
Nie in die afgelope week nie …
Teveel was ek afgesloof
om iets te skryf in geloof
Ek was so vasgevang!
In werk dit maak my bang.

Almagtige God, Seun & Gees
ek leef heeltemal in die vlees.
Ek onderdruk my siel
nou vra ek waarom voel ek verniel.
Ek het geloof soos ‘n mosterdsaad
kan dit maar net ontkiem en ontaard!
Help my God om te groei
om my elke dag met U woord te bemoei.

Gee my die krag die wysheid en die insig
om te weet dat sleg U is die lig!
God, help my om balans te hê
veral vir U wat naby my hart lê.
Vader ek verdien nie meer,
slegs dat U my sal help om te bekeer.
Dankie Heilige Gees dat U my lei
om my vir die dag van môre voor te berei.

2003

 

Verlange

O my kind van God, hou net moed
sien jou binne kort, met ‘n spoed!
O my kind van God, moeilik is ons lot
en baie keer wil dinge net nie vlot!

Na jou verlang ek ook baie
en na die dae van vergange.
ver is jy
om die leemte te vry …

2003




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD