Vandag is ek moeg …

Eintlik al vir ’n rukkie.

Ek’s emosioneel afgestomp, maar vandag nie.

Vandag wil ek baljaar in my trane van stres, opgewondenheid, depressie en swak selfbeeld.

Ek voel soos daai tannie in die stories wat ’n telegram kry van die weermag, jy weet, die een wat

haar inmekaar laat sak want haar bene is lam, maar sy skree asof hy haar nog eenkeer gaan hoor.

Ek kan nie skree nie.

Ek kan nie ophoop nie, maar ek kan nie huil nie.

Vandag is ek moeg …

Lewer kommentaar

Leave a Reply