Kieslys

Close


*/

13 April
2008
Gedigte
8978 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Bernadette Zeeman

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Die einde

Die einde in sig –
Is dit ‘n kreed of ‘n sug?
Wil ons werklik die einde beleef,
Of is dit net nog ‘n hout om die vuur te laat leef?

Soms kan ek nie verstaan of glo
Dat tyd sommer net so
Kan uitloop – sonder genade!
Geen aankondiging of brawade.

Die einde is ‘n bestemming
Ons almal moet daarheen –
Of ons dans, speel of sing
Hy kom ons haal al stry ons daarteen.

Die einde is ‘n kunswerk
Netjies uiteengesit deur die kunstenaarsmerk.
Dit vertel ‘n storie
Van dit wat was – of nie!
Dit gee antwoorde en raad
Van elke bevraagde daad.

Die einde is ‘n lied
Van vreugde of selfs verdriet!
Elke sin netjies gepas,
Met note ingelas.
Singend vertel dit tog die verhaal
Van tyd wat ons net altyd inhaal.

Die einde is ‘n bate
Vir die mense wat voortleef in gate
Die reis was veels te vêr en lank
Dit het hul uitgeput gelaat en verblind.
Gevoel hul lewe is niks anders as mank –
En besluit geneem – die koeël het hul verslind.

Die einde is ‘n spieël
Wat meeste van ons laat wiel
So bang vir dit wat ontbloot word …
Elke liewe dag van grootword.
Maar ons kan kies –
As jy bly kyk en leer – ly jy geen verlies!

Die einde is die begin
En die begin is ver van ‘n einde af
Almal wat glo loop daarin
Elkeen wat kniel en bely weet dit hang van Hom af!
Ons einde is Sy begin
Niks wat ons doen maak ons beter af;
Net Sy genade is vir my genoeg
En met Sy krag word ek NOOIT moeg!

16 November 2006

Alleen …

Elke dag sleep verby –
Elke minuut hang aan elke uur.
My lus het by die venster uit gegly,
Dit voel of elke dag ‘n maand duur!

Ek wil nie ingee in hierdie lewenslose dae nie,
Maar hoe kan mens tog anders?
My dae is nie so interessant nie –
Ek droom maar net aan al die branders …

Wat ‘n treurige gedagte?
Hoe het ek hier beland … wat het my besiel?
Ek droom ek is ‘n verdagte!
Dan skuil ek vir elke klank wat kniel …

My huiswerk staan in hope –
Dink jy ek gee om?
Al wat my bevredig is tussen die slope.
Slaap is my gom!

Die stilte maak my mal!
Niemand om met my te praat …
Hoe het die koekie dan geval?
Ek hardloop alleen in die straat!

Daar is baie wat ek kan doen,
Maar my lus het nie die kapasiteit om die wil uit te voer nie!
Ek wag maar net elke dag vir my soen –
Dit is tog die minste wat ek kan ontvang, is dit nie?

My lewe is nie meer saam met mense nie,
Rekenaars, instrumente, tv en boeke het my dae begin vul!
Maar dit is so voorspelbaar, en nie meer opwindend nie!
Dan los ek maar net die hele spul.

9 November 2006

‘n Kind se liefde aan haar ouers

Wie kon ooit vir beter ouers as dié vra?
Ouers is die werkers van die fondasie,
Sonder hulle harde werk, sou mens nie
Die volheid van menswees kon beërf nie.

My ouers het verseker vir my ‘n goeie standvastige fondament gelê.
Al sou ek die geleentheid hê
om my lewe oor te leef, sou ek nie wou nie –
miskien aan my eie houding en begrip werk.

Saam maak my ma en pa ‘n goeie span, werk hard deur die dag
en ontspan rustig in die nag. Wanneer ons kinders aan iets
moet deelneem, was hulle altyd EERSTE daar.

Dit is verskriklik lekker om hierdie twee fasinerende mense
As my ouers te kan bestempel.
Die Here sê ons is aan ons ouers geleen,
ek dink hulle is aan ons geleen.

25 Februarie 2006

Stille nag, aaklige nag

Wat is in die stille nag opgesluit?
Wanneer het jy in my hart kom insluip?
Jou trane die rol oor my skouer,
Dit rol oor my rug, en ek word al kouer.

Jou dade,
en my brawade –
en hier sit ons tussen die drade.
Is ek nogsteeds jou gade?

Noudat ek vir jou ‘n brokkie nuus
Van my lippe laat afklim.
Jou reaksie: “Ekskuus!”
Ek voel my brein kort nog gim …

27 April 2006

Wysheid of geenheid?

Wat het mens nou eintlik geleer?

Van kindsbeen tot afbeen,
Van modderkoeke tot spogkoeke
In klippie skool, in grootskool
In hoërskool, in lewensskool.

Wanneer begin die brein inligting inneem,
En wanneer stop die brein om iets in te neem?
Waar het jy eintlik jou menswees gekry?
Kan mens die Here vermy?

My dae word al korter,
terwyl joune nog lank voor jou uitstrek!
Ten einde, jy my dogter –
Of is dit ‘n seun wat sy arms uitstrek?

Waar kry jy die meeste sekuriteit?
Is dit tussen familie en vriende,
Of eerder die kerk met sy Christenheid?
Tussen jou ouers en vriende!

Is ek deurmekaar, of net ‘n bietjie besorg?
Waar was jy die afgelope week –
Terwyl ek soebat en smeek
Vir jou om net iewers my te laat versorg!

12 April 2006

Strome van herinderinge

Met elke asemteug,
onthou ek my jeug.
Tye toe ek vry kon wandel,
sonder verantwoordelikhede vir handel.

Elke lag, elke traan
Elke mens, elke volmaan …
Elke toets, elke prys;
Elke sonsondergang, en die berge grys.

Met elke nuwe dag,
Word hierdie gedagtes gedoof tot sag.
Tog steek elke ervaring diep in my hart vas –
Moedig my aan om vol te hou, die pas

23 Februarie 2006

Pa

Jy was altyd daar,
Wanneer ek seer beleef het.
Nou is ons tydjie al klaar …
Hoop ek is dit wat pa wou he(t).

My dae is stiller nou,
Sonder al die grappige stories.
Steeds sal ek al die dinge onthou –
Want julle gee altyd die beste advies!

Ek wou ‘n mooi gediggie skryf,
Maar klink nog net nie reg –
Glo dit is my hartseer hier beskryf.
Want ek is nou vêr weg …

Steeds hou ek aan bid:
Dat Jesus julle bewaar,
Waar julle lê en ook mag sit.
My lewe is lekker, al is dit soms so swaar.

25 Februarie 2006

Ma

By die rekenaar sit ek nou
Wonder oor die goed wat ek wil sê.
Sal ek julle in my woorde kan toevou?
Met net ‘n aandagstreep, aandag kan hê?

Dan onthou ek die myle wat ons skei
Die dae wat soos ‘n windmeul waai verby
Ek wil net sê, Ek wil nie meer baklei –
Ek sal enigiets doen met ma aan my sy.

Ek sal winkels toe, klere koop –
My hele dag saam met ma deurbring.
Al die dinge doen, voordat ons kinders doop …
My bewys van liefde was soms so verwring.

Ek hoop hierdie jammer, staan sterker as ‘n boot.
Vertrou dit is nie te laat –
Ek wou julle glad nie verstoot,
En nou is my lewe op ‘n ander straat!

25 Februarie 2006

Hoekom?

Ek het nog altyd gewonder,
Waarom mens net altyd ‘ponder’.
Hoekom mens nooit wil wees,
daarmee of daarsonder,
Onder mense, onder take, net onder.
Wanneer sou ons wees daarsonder?
Terwyl ons net word – al ronder!

Ek bly altyd dink …
Aan die toekoms wat wink,
Die hede wat sink,
En gister wat al mink.
Dit klink soos ‘n vink wat mors met ink.

2 Maart 2006

Ek smag …

Ek smag na dae wat rustig bly
Ek smag na vrede wat my hart verbly.

Ek smag na blydskap
emosies wat jou laat skaterlag –
tye wat mens altyd wil laat saamstap …
vriende wat jou laat uitsien na Anderdag!

Ek smag na grasie –
iets wat jou liggaam eens kon terg,
tye wat jy kon, terwyl ander sê: “Dis te erg!”
‘topics’ van die vroue federasie …

Ek smag na rykdom!
Silwer, safiere, diamante en goud …
Geld wat jou paspoort is die wêreld om.
En mense wat reken jy is nooit te oud!

Ek smag na eendag
nog ‘n dag wat wag
die nar het klaar gelag –
nou net die eendag
wat wag!

25 Augustus 2006

Kuierpret – Kuier verby!

Weet jy watter pret dit is?
Dié soort wat jy nooit wegwens –
Lag, huil, speel en nimmer twis.
Die geselskap van ‘n geliefde mens!

Maar die groot hartseer is beslis
Die tydjies is so kort soos ‘n oogwink.
Al wat oorbly is om jouself met die nadenke te sus!
Terwyl die verlange jou oë laat blink …

Geen halfuur, uur of ete;
Kan ooit opmaak vir die aanhoudende stilte nie,
Geen koffie of koek kan ‘n verskil maak aan die wete –
Binnekort is ons nie meer so naby nie!

Geniet die tydjie geleen,
Gesels oor als wat was, of eens kon wees
Moenie nou al ween –
Geniet dit te luister na al die nuus, eerder as te lees!

Nou is als verby
Die koek, die koffie, die tyd –
Net ‘n Vinnige herindering, “Skryf vir my!”
Aan jou woorde sal ek bly byt!

15 Augustus 2006

Een tree na die lig

Hier in die vertrek
Tussen die stille oomblikke
Voel ek iets aan my trek.
Droogte trek oor my snikke.

‘n Hand druk op my rug.
In die spieël is daar leemte
Ek staan op ‘n brug,
En staar oor die vreemte.

Aan liefde is geen gebrek.
Ek sien my gister in stikke –
Ek voel nie meer soos ‘n gek.
My toekoms lê op die takke se mikke;

My gemoed is nie meer ‘n sug.
My liggaam nie meer net gebeente.
Die hand lê drukking op my rug.
Moedig betree ek die vreemte.

Hoe sê mens baai?

Hoe sê mens baai?
Vir iemand wat jy lankal ken;
Wat jou boelie en paai.
Hoe kan mens hierdie hartseer wen?

Hoe sê mens totsiens?
Vir iemand wat met grootword verdwyn;
Hoe beheer mens die miskiens?
As jy self voor dit verdwyn.

Hoe beskryf mens jou pyn,
Net omdat dit iemand is
Wat deel van jou herinneringe is.
Wat doen jy noudat sy spasie verdwyn?

Hoe verduidelik jy jou medelye.
Dit is altyd erger vir die familie
Jy was mos nie so aan hul sye;
Jy’t nie ‘n huis met hom gedeel nie!

Hoe ry mens weer daar verby?
Met die wete: Grusaamheid lê daar begrawe,
Bly mense daarby verby ry.
Mens kan nie hierdie siel net so begrawe!

Hoe verduidelik mens
Dat jy altyd geintereseerd was,
En dat jy net altyd die beste wens.
Wens dat dit anders was.

Hoe hou mens aan leef?
Wanneer jy iemand so naby,
Sien aan bloed kleef.
Te gou nog ‘n lewe verby!

Hoe maak mens vrede?
Met al jou emosies diep binne;
Verstoot om te soek ‘n rede.
Verruil die linne.

Hoe hou mens die herinneringe wakker?
Sodat mens elke dag iets kan onthou,
En besef ons is op God se akker!
En toelaat dat Sy liefde ons omvou.

9 Maart 2006

Collage

Waar is al die mense nou?
Die huis is so groot, met al sy spasies;
Maar dit is nou net die stilte wat ons kom toevou.
Die stilte is te groot, en dit laat ons alleen in al die spasies.

My hart word al swakker,
Soos die tyd al die myle tussen ons vergroot.
Ek is alleen, en skielik skrik ek wakker..
Niks wil ek eet nie, alleen is ek tussen als wat ek verstoot

My verlange trek vêr,
Vêr van alles af,
Sonder jou voel dit asof die stilte blêr.
Jy wat voorheen alle vreugde in my dae verskaf.

Vir jou sal ek altyd mis,
Of jy dit wil weet of nie,
Ek het jou lief, beslis!
Sorry, vir die stilte, en nie woorde nie!

Jy maak my mal, al is jy nie hier,
Soms wil ek val, tog bly ek jou lewe vier.
Jy was spesiaal, maar ek was net plesier.
Bitter soos gal, jy beweeg soos ‘n dier!
‘n Skoot knal, jy verroer nie ‘n spier.

Hoe kon die lewe so erg wees,
Hoekom het ek nie gewis,
Van jou groot vrees?
Ons lewe was vol twis.

Waar is die mense dan nou?
Het hulle gevlug? Of het ons hul weggedryf?
Die koue het my beet, dit het my toegevou.
Met eens besef ek, dit is ons wat die sirkus bedryf

Tyd het die skeiding bepaal,
Met die knal van die skoot,
Het ons liefde gefaal;
Die lewe het ons verstoot!

Nou is ek weer lief vir jou,
Noudat ek nie meer kan bly by jou!

Ink

Ek dink
Aan ink
Wat sink
En blink.

Woorde is mink
Woorde is flink

Het jy dit al bedink?
Jou pen jou al be-ink?

Woorde is mink
Woorde is flink

Waar is jou ink?
Het jy dit gedrink?

Woorde sink
Woorde klink

Jou hartklop het gesink
Jou oë is be-ink.

2 Maart 2006

In Liefde

In liefde is ons hande gebind
het ons die nuwe lewe gevind.
Mag ons mekaar nie verslind
met eiewys en selfsug, wat ons soms verblind.

In liefde het Jesus ons aan mekaar gegee
Mag ons liefde nooit verflou, vêr oor die see.
Hier moet on sons nuwe huisie bou
Ons te beskerm teen die wind en kou.

In liefde dink ons aan familie en pelle
Al wat ons aan die gang hou, is die belle
Geliefdes wat ons verras met briefies, dieselle.
My keuse sou wees – saam met familie en pelle
Als dieselle, been en velle – sonder helle, los die gelle, gee my langer belle.

In liefde gaan ons die toekoms in
Wat Hy inhou maak nie altyd sin
Net Sy liefde behou ons hierin.
Wantsien, ek het nog nie my vrees oorwin
Van dit wat agtergelaat is – tesame my eerste gesin

In liefde bid ek nou
Dat die Here julle in Sy Genade sal toevou
Dat als sal wees soos ek dit onthou –
En sodat dae hier sal vlieg, maar daar sal stilhou.
Soda tons als wat ek mis sal kan herbou.

Sal mens ooit hierdie myle gewoond raak?
Of dit land of see is, maak nie saak.
Dis my hart wat hierdie sake raak
Met SY liefde het ons gelukkig genoeg genade
Om die toekoms volspoed te benade(r).

Mallemeule

Mallemeule, rontomtalie – tiekiedraai…
Al my woorde in die wind weggewaai.
Ek het jou gemis – niemand hier om my te sus
Jy wou die beste hê – ek wou net vrede hê
Sukses het jou kom wegneem – my van jou vervreem.

Tarantulla, baracuda, anaconda – knieë lam, koppe draai…
My soebat het nooit jou kop gedraai.
Ek voel alleen – jy het jou aan ander verleen.
Ek kry seer – jou oë kyk weer en weer op my neer…
Ek soek raad – jy wys geen woord of daad.

Die mallemeule van ons huis-wees
was lank nie meer deel van jou menswees
Jou liefde het jy elders verkry en gegee
terwyl ek saans alleen na ons bed gaan, tree vir tree…

Uiteindelik na maande se seer
het ons die besluit geneem, onsself beseer
ONSSELF BESEER.

Ons vir ‘yo’ Suid-Afrika

Jy staan bo alle kontinente
met jou seisoene: somer, herfs, winter en lente

Jy is enig in jou soort,
tog beur jy voorwaards mars – almal aan boord

Wie is ons om te sê wie jy moet wees?
Sê ons dit uit woede, of kom dit van vrees.

Nee! sê ek, Nee, nee, nee.
Nee vir die Geweld
verskeur lewens roekeloos – tree-vir-tree
dit laat mens se moed smelt
Nee vir die Haat
wat geweld lok, en die manier wat ons soms praat
Nee vir Rassisme
so baie kla, so min verstaan hierdie realisme
deel geword van ons samelewing
en steeds bly dit ‘n nare belewing.

Want sien,
bo of onder, kort of lank, min of meer –
Almal behoort dieselfde God te eer.
En mekaar met liefde dien.

Ongelukkig in ‘n land soos dié
bestaan dit nie meer net as ‘n skaakbord nie.
Daarom hang dit af van die jeug,
die begin van ‘n nuwe era – teug vir teug.

Dis my land soveel as joune sin
en as ons nie as ‘n span kan oorwin!
Is als nie vergewe en vergeet
Wie gaan nou die laaste krummels eet?




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD