Kieslys

Close


*/

03 Junie
2009
Gedigte
2327 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Bothma Marx

die warboel van jou

die vissie swem in die blou groot oseaan
en jy in jou grou droë winter droom
die mos versamel matte op die klippe
en die fonteine borrel borrels water
die nagte koud soos nóú die dag nog
en jy moet nou gou maak gou-gou maak
more sal jy sien gaan jy weet hoekom so
soos die brunet bome in die sagte herfs
maak almal gereed om ook te dood

soos die wiel draai ry ons gou dorp toe
winkels tande borsels skoene lemoene
pampoene kiste waatlemoene en jy
geen dag is moreel met moraal ooit nie
dis ‘n hoer nes vlieë brommers en plae
die onderdorp wemel van die swernote
more gaan aan waar vandag gaan staan
dan le jy rustig onder lower bome
en eet die soetste appels en turksvye
terwyl jy dink aan gister en vergeet.

Rialiese

op die tafel lag ‘n wafel
soet van stroop en maak ook groot
wie gee om wie voel wat
wie nie nou lewe nie sal nie
sal nie kan nie maar kan
gaan moet jy gaan,
waarookal jou motortjie jou haal
stap maar partykeer ook
goed vir baie dinge, jou ook
kyk, daar is perspektief, relatief
vat dit gebruik dit,
joune as jy vra.
glo is ‘n sleutel
sleutel soek gat
gat in die grond
en die groen gras is ook dood
dood is lewe in die ewigheid
die ewigheid is, is.
daars geen faktor geen tyd
party mense se lewe ander se stryd
tyd is die derde persoon
dra ‘n boek van verdiende loon
hy haal jou in en in
op die einde gaan jy hom ken
en groet hom dan groete groot.

Tyd

Soos dinkers en klinkers
sit ons op die stoep en hoor die roep.
Die roep van die tyd wat ons haal,
ons het ons eie perde gesaal.
Tyd is ‘n faktor maar ‘n faktor nie tyd
hoor die melodieë hoor die tyd.
Vrolik die gekreun en steun
van ou mense met hul lyt, fluit fluit
nou’s jou ou storietjie ook uit.
Sink vandag een, more twee.
Ou mense koud mense van luid;
klinkers en dinkers sit hul en fluit
van verlore tyd.

Die dief het in die nag gekom
sonder geritsel sonder geluid.
Saggies en soet het hy jou gegroet
saggies in sy mou gelag en gedag,
more kom weer en ek ook.
Elke dag, week, maand, eeu –
dieselfde ding,
Geskiedenis wat homself terdeë geniet.
Wie hou van vandag, as more maar net kan kom,
ag tog, die lewe is bog.

Mishandelend misrawelend gehawend,
die toonbeeld van die slagoffer.
Hoe mooi hoe fraai, sag in rooi getooi.
die skarlaken lap wat jou verklap.
Tyd het jou ingehaal en verbygesteek
nou sit jy enetjie bleek.
Oorwonne deur verlede tyd
niemand om jou in jou geselsie te deel
verlore tyd gebroke tyd.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD