Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
mix bredie
Gemeng
Kultuur, geloof en taal
Kleurvol maar streng
Kaap en ooral
Bygelowig
Storie, verhaal en nar
Ieklektiek betig
Van gees en blaar
Sondag kerk!
Heel week baklei, stei en remoer
Genade! hoopelik werk
‘n God van nabyheid loer
Gereed vir ‘n ding
In ‘n vibe te sit
So virgeet of angs bespring
Of siek te word en taatie te fit
Brek op skuld
Kwaai kar en klere
dwellings verkoop en gangster wild
En slim te wees en se’ hul voel vere
Maar genoeg is genoeg
08 Desember 2008
Mandela, vry, vry ten laaste
Soos ‘n dief in die nag kom dit
in harte die angs gewek
waaraan was dit, dit skuldig?
die vel, of bruin of swart of wit
‘n woord nie spreek
‘n lied nie sing
maar tog versper, geskiet,
gevang die leek
Apartheid, die dag nog kry
versper maar verbind
ondier!
hart gepyn, die gees bevry
Bevry, vry is ons nou
in woord, in daad
Suid-Afrika, sing maar die lied
om saam te staan, ‘n mens te bou
Vry, vry ten laaste
vandag, ‘n eer te gee
Mandela
vrede aan een, die naaste
10 Mei 1994