Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Niks en alles
Daar’t niks gekom van alles.
Net mooi niks gekom van als.
Dit is alles sonder alles.
Dit is alles sommer vals.
Ek’t geleer van baie dinge.
Ek’t geleer van harde werk.
Maar dit alles was net joune.
Dit was niks van my se scrap.
Jy moet weet wat in jou aangaan.
Dit is more steeds nog daar.
Jy moet weet hoe jy wil omgaan.
Elke dag en elke jaar.
Ken jouself en leef jou drome.
Niks of niemand kan dit meet.
Jy’s jou eie, jy’s jou alles.
Jy en dit wat vir jou werk.
Gooi jou hele simpel rugsak
Op die as en steek dit brand.
Stap jou pad met minder laste.
Los die ander ou se hand.
Maar in liefde en in vrede
Vind jy pyn en vind jy seer.
Maar dit alles maak niks saak nie
Want dit alles is nie meer
Nou’s ek hier waar ek kan mooi sien.
Nou’s ek tuis by my se Heer.
Nou sien jy my net op kiekies
En in gees dalk eendag weer
Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
