Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Alles is niks en niks is alles
Vandag hoop ek op niks, wat is niks? “niks is alles en alles is niks”
‘n Diepe donket hartseer gevoel vou sy arms om my
Met alle mag en krag gooi hy sy hele swart skaduwee oor my.
Saggies fluister hy “ek het jou kom haal, ek het jou haal”

Op soek na jou
Opgedra aan Lorchall Cloete
20 Julie 1984 – 27 Junie 2021
Ek het na jou gesoek
tussen die chaos van invoices en parte het ek jou geroep
Daar was geen teken van jou
maar ek het nie opgehou
Ek het angstig rond gekyk
waar sou jy tog wees
Nêrens, nêrens kon ek jou kry
waar kruip jy weg vir my
My hele lyf en siel het begin bewe
soos my moed my begewe
Skielik hoor ek ’n gedwarrel
soos jy begin rondskarrel
Daar tussen al jou stoor se parte
het jy gesit met al jou kommer en smarte
Nogtans het jy vir my gekyk en gelag
want ek het al weer die ergste verwag
Jy het na my gekyk met n glimlag wat saggies om jou mondhoeke speel
Oë wat glinster soos die sterre se geel
Jou wange het gegloei
soos rooi rose wat bloei
En ek het geweet jy is nou vrede
Die Here weet wat is sy rede
Sy rede om jou te kom haal
Jy is sy engel in die laaste avondmaal
(27.06.2021)

Kom na my toe
Baie saggies kom sluip sy nader met haar yskoue hande hou sy my vas
Verwelkte herfs verkleurde blare hardloop vining verby en tussen deur my voete
Ek dink nog ek kan een keer, maar dis reeds lankal verby soos ‘n verdwaalde bekende vreemdeling
opsoek na sy roete
Die tyd stap so vining verby op soek na die spoke van gister en die mense van vandag
Dis net ou geraamtes in huise van glas en stukkende herinneringe langs die pad
Al die hoop van môre is weggewas in die winter se hartseer nat
Baie saggies kom sluip sy nader met haar yskoue hande hou sy my vas
‘n klein gebedjie skiet ‘n ronde gaatjie deur die dik donker bewolkte hemelruim
‘n Wonder soete engel stem roep na onder,
“My kind ek is hier hou op angstig wonder”
“Ek stuur vir jou ‘n silwer draadkar met baie lig”
“Wees nie bevrees Ek is jou toevlug”
My hart huil vanaand soos ‘n alleen wolf na die vol maan
opsoek na die silwer draadkar met baie lig
Dit het verdwyn soos ‘n dief in die nag en mis voor die son
Skielik kom die wonder soete bekende engel stem
“Wees geduldig, maak oop jou stukkende hart en sien die baie lig
volg dit met al die verwelkte blare wat tussendeur jou voete hardloop en kom na My toe.”
(22.05.2018)
Meneer die donderweer
(vir Genechè Keet)
Hallo meneer die donderweer
Waar is jou maatjie blits al weer
Het jy vir on die reën gebring
Die plantjies en diertjies kan nou weer lekker sing
Daar is die vêrte sien ek vir blits
Dis net ligte wat oral flits
Hy foto’s oo so saggies
Maar jy kan raas oo my maggies
Kyk daar teen die muur
Dis hy wat vir my so gluur
Nou skuil ek agter my mamma baie bang
Tog is jy so vêr en kan my nie vang
(26.04.2018)
Verlore
Alleen, eensaam en verlate
Loop ek deur die droë stofpad strate
Ek wonder hoe het ek hier gekom
waar het ek afgedwaal skeef en krom
Iewers langs die pad het ek myself verloor
Watse skreeuende stemme is die wat ek hoor
Bang en verlore soos ’n weggooi kind
Hoe gaan ek myself weer vind
Nagte om se gehuil en verlange na jou
Diep in my flenter hart is daar nou net berou
Ek is moeg ek kan nie meer nie
Hoekom al die seer en pyn, vir wie en wat
Iewers, iewers langs die pad het ek myself verloor
Dit voel ek is besig om te versmoor
As jy net kon, sou ek wou
Iewers het ek myself verloor, verloor in jou
(06.04.2018)
ongetiteld
Dit is 2 jaar later en jy spook nog steeds by my
Dit voel soos gister dat ek jou lyk hier kry
Jou gesig so helder en jou woorde maal in my kop, ek dink aan jou en ek wonder waar het ek
geflop.
Ek wens jy was hier en kon my vashou
Hoe kon jy saam het ons die huisie gebou
Dit was jou droom, maar nou is jy weg weg gevoer deur die sterkste stroom.
Die nagte is lank, koud en donker
My hart huil soos n weerwolf na die maan en breek in duisende sterre want ek moes jou laat
gaan.
Ek het geen trane meer nie als het op gedroog soos die damme en riviere daar buite.
Ek hou myself verwyte
Hoe kon jy! Hoe kon jy!
Was jy dan nie lief vir my
As ek maar net kon sou ek my asem deur jou blaas dan was jy nog myne
En ek kon vergeet van al die pyne
Ja, dit was jou keuse en ek moet volstaan by jou leuse
Ek wens ek kon jou vashou en sê “Als is oraait” as jy my net wou sê wat deur jou kop maal
Saam kon ons die uitweg behaal
Wie is ek
Wie is Ek? Iewers, iewers langs die pad het ek myself verloor
Hoe gaan ek myself weer vind. Waar begin ek soek … hoe het ek hier gekom … waar het ek afgedwaal
Iewers, iewers langs die pad het ek myself verloor.
Is dit die werklikheid, of is dit net ‘n fiksie van wie ek is
Hoekom kan ek nie onthou nie, wat het van my geword
Waar is ek, in ‘n eensame, donker koue plek, ‘n plek van chaos en verdriet
Ek wens ek kon myself weer vind … ‘n drukkie gee en sê “alles sal OK wees”, maar …
Iewers, iewers langs die pad het ek myself verloor.
Hoekom voel ek niks nie … of wil ek nie voel … te bang om weer seer te kry, lief te hê en om te gee …
Wie is ek? Wat het van my geword, hierdie gevoellose monster!
Ek ken jou nie, gaan weg! Los my uit!
Ek wens ek kon myself weer vind.
Waar begin ek, Wie gaan my help?
Iewers, iewers langs die pad het ek myself verloor … verloor in jou …
(05.06.2017)

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
