Gedigte van Louinne

Gedagtes van ‘n moonchild …

Sy dink baie aande so, die meisie met die naam,

Ek klop aan haar deur en sien haar in die kamer staan …

Soggens in die spieel plak sy peisters op gesonde wonde,
en ontsmet hulle daarna.
Van die skeefgeid in haar agterplaas het net stippellyne oorgebly,

Sy vat as sy in die hande kry, Ganjaman … Ganjaman …
hy weet en loop nie sommer hier verby …

Saans spring gerooktemielies in haar voorhuis rond,
En spuit sy helder spatsels fraksiesekondes van geluk
kaffeien in haar binneste in …

Vandag verf sy bloedrooi trane bo oor die sirkels van ‘n koerante mat
Gister se berig herhaal homself “aborsiewet wysig-hof dring aan”.
Haar dowwe oë kolk winkende golwe, verwardverstar …
en die huis huil kinderkrete, krakend in die droe stem van
‘n moeder wat van rejection ken …

Ek sit sentraal … steun haar staan
en wonder oor haar in eiewaan.

Moonchild, meisie met die naam …
argief vir ribbelings of the mind …

Skielik sonder jou

Snags bons boshase verwilderd
op ons kamerstoep rond en
vra my in angs na jou bestaan.

Sogginsvroeg wanneer die winterson
skemerskaam sy kop ontbloot
hoor ek die voels dierverlate krete roep

Sal jy tog met jou skielike wegtog
vir my in herinnering agterlaat,
andirs as die skewekaal huis
waarin ek wakkir le tot laat.

Smiddae voed ek die honger bekke
van ganse wat aan ander behoort,
ook hulle rek hul nekke wanneer
jou afwesigheid in die dam verbystroom.

O God gee my woorde.
Genoeg om te bestaan.

Gee my louwarm arms in die oggend
‘n Gloeiende lyf in die aand
sodat ek tot rus kan kom en
‘n Stem om aan die slaap te raak.

Die ring …

(vir Pilgrim)

Vasgebrand het jy
jou ring verpand

Tussen hier en daar
lê ons soulconnection
verwardverstar in sy rejection

Jys ‘n Poet my ding
en ek het jou ring

Mag ons eendag weer
saam hierdie sprokie sing

Ontsmet …

(vir Pilgrim)

Ekt jou ontmoet in wil
vergete Ierse straatjies

Jy’t jou begrafnishart in
die palm van my besmette hand neergelê
met al jou hoop op vertrou
opbou, onthou …

Getrou jou history met my meegedeel
terwyl ek sag-sag oral oor jou uitskree:

“Ek het jou lief my hartedief
ek wil jou he,
sal my by my kom lê.”

Mar op i vuil skemersmore
toe my oê toegeswel in my past vaskyk
het ek jou liefde begrawe
vir i leeftyd se jare

Mag ek, wag ek
ligter egplain
mag jy, wag jy,
nooit-ooit vidwyn

Die promise

(vir Pilgrim)

Wat gister gebeur het
maak nie saak nie,
al het ons nie nou raad nie

Kom vandag met nuwe sonneskyn
help ons dat ons liefde nie kwyn

In jou en my en ons
In trou en vry en frons

Hiers my promise my lief
jy bly my hartedief

Tin-bortion

Ek kan nie help
om te wonder
hoe jou hart
moes klos klop
in daardie
onsigbare oomblik
toe masjien
met suigtande
bo oor jou ry
en net die
thought van jou
in my agterblyLouinne(opgedra an my vriendin wat eendag net soos ek nog sal terugkyk en wonder … maar nie praat nie)

Rookwals

Slingerend,mirmirent …
Woordspoeg.hartswoeg …

I swangervuur
Innie oggint ier

Rooiwyn en kaggilvlys
Vlamskets … goudrest

Winterknaag.I somervlaag,
Kout?
Tog nie …

In (rollende bollende)sirkils …
passies nadir annie …
walms vanni hart

Ashes to ashes
Lust to dusk …

Vlikvlak ons bitterbalk

Swyg hygend …

Whispers in the night
Bodies on flight …

Houtwesp … wat klak-klak klets
Terg-en-tergend nadir …

sosie vloei van wyn
Ritmies vidwyn
Sag-sag kwyn.

Tot weersiens …

Ek proe jou naam versigtig …

fluister dit
… soos die sagte woorde
… van ‘n herfsgedig

en ek weet …
… soos ons nie meer is nie
… sal die spruite van ons saadskiet
… ons harte nog omvou

En as dit rookvaal skemer word

sal bloeisels bot en
liefde ontwaak …

ek ruik die soet-soet geur van afskeid
as jou naam …
… my tong
… my liipe raak …

Unbreak my heart … then set me free … (eerste liefde)

Vanoggend kan ek nie anders 
om my als op papier neer te le nie
al mag dit onverstaanbaar sigies klink,
en so groot en diep,
dieper as wat ek lanklaas gedink het.
En al weet ek dat jy,
jy wat jy is,
inelkgeval nie in hierdie gat sal wil verdwyn nie,
wil ek tog he dat jy moet hoor.

Hierdie is ek, en
hoe ek dink,
hoe ek voel, en

wat ek wil hê en
sê …
Ek speel nou die aand so met my gedagtes rond,
ek soek soveel keer net iets om my mee besig te hou …

jy’s nie meer hier nie.
Ek sien jou lyf nog en
ek soen hom en
ek hou hom vas,
maar jys weg,

of is jy,

of het ek jou halfpad
langs ons krom bestrooide paadjie
in al jou glorie neer gegooi,

of het ek jou verloor?
Jy is my sonneblom
in die wereld vol kannas en
ek wil jou was en speel en sing,
in my hart en in my lewe.

Dan sien ek net hoe jy wegkwyn en
kleiner raak as ooit tevoor en
weivelde vol druiwesap bespring
soos ‘n dorstige by
wat nooit sy sin kan kry nie,
veg vir jou lewe.

Ek sing vir jou die lied,
want ek voel vir jou,
en ek voel ook rou,
want ek weet jou ore is dood,
en jou hart is yslik groot.

Of dink ek vir jou?

Jy moet my red
uit hierdie hartseer land
waarin ek so onverruklik gan verdrink,
want ek word met klippe gegooi

en ek bloei nou al vir maande.

So soek jy ook na lig
en liefde
en vriendskap?

want ek weet ek sal jou dit gun
of gee?

So lank ek jou net weer kan sien lewe,
in my, om my, en orals.
Ek wil jou lyf hê,
jou hart en alles in jouwat so onweerstaanbaar jy is.  

Want sien …

jy is vir my,

al kan ons mekaar nie sien nie,
en al kan ek jou nie voel nie,

jy is vir my …
Obsessie?
Ek rol my tong in my mond rond en
ek wil met woorde speel,

maar sien ook dit kan nie werk nie,

want woorde kan nie altyd
sê wat in die hart rondsweef nie,

maar jou lyf kan …

Nou het ek die sleutels 
ek sluit my kop oop
ek vergeet van my hart, 
ons siek wees,
en ek maak ‘n noodgedwonge besluit,

want ek wil nie.

Ek laat jou gaan,
jy en jou wereld wat hier voor my lê,
want ek dink te diep en te ver en
ek weet nie of jy verstaan nie …

Ek wil jou ten volle sien my vriend,
volmaak gelukkig,

want jy is vir my,
onbeskryflik-onvervangbaar belangrik.
So gaan jy dan nou,

ek laat jou gaan 

ek hou nie meer vas aan jou bedrywighede nie,

want eendag,
as ons twee oud is,
kan ons weer lag
en speel en sing,
sal ek jou weer ten volle hê,
jou hart,
jou lyf,
jou tong …

Totsiens my vriend,
my beste-beste vriend,

wat my groot gemaak het,
wat my mooi gemaak het,
en soveel betekenis aan my lewe gegee het …
Jy het my hart vir ewig …

Obesiteit van die winter

My gedagtes tol vanoggend al in die rondte, hier waar ek in myself sit en staar. Jou lyf het nou net die pad voor my gekruis, en ek kon nie help om te wonder waar jy was nie. Ek luister, maar tog nie en ek hoor, maar ook nie.

Oktobers is altyd sulke koue maande, ek ontwaak nog uit my winter slaap, en glo my ek dra die gloeiende reste hier aan my lyf. Voel jy ook so, en dra jy ook saam wat jy deur die ysmaande aan jou vas geplak het?

Dis asof ons soveel moontlik aantrek, hartseer en geluk, om die koue te verberg, asof ons soek daarvoor in soveel meervoudigheid dat ons wakkerskrik in Oktober en sien dat ons almal vet geword het van die smart.

Mysteriously left alone …

Dis die mystery van
… jou blou
En die diepte van
… ons rou
Wat my nag na nag nog
… styf kom vashou.

Leuens

Almal bewonder
jou betowerende blou oë
Mar net ek, net ek
weet van hul vermoë

Droomland

Die nag lê in droomland
waar el lê kaal,
met sigaret, koffie en bedlamp
om die donker te bewaar.

Dis snags wanneer
die donker my kom haal
dan wat my hart
in sy swart verdwaal

Intiem

Sluit jou oë my liefste
As ek met rype sensualiteit
Jou sensitiewe mond
oopgekelk teen myne vind
tot ambriose saam verbind
as weerlig deur ons lywe klink

company

Net ‘n bietjie langer by my bly Net ‘n bietjie langer teen die sy

Als wat jy praat asem ek in

Terwyl ek jou in die geheim bemin …

Winter of 29

Ek’t vanoggend besef die winter kruip nader …
vamiddag sy kou geproe …
En vanaant …
vanaant my weerstand begin gader …

Sjjjjt …

Kruikie-roer-my-nie,
suutjiestrap …
Dis wanni jy ligvoets
met sagte woorde
en glimlag oë
my siel binnedring
wat die vilede ons keer,
en tyd herinner an allie seer.

koebai again …

Die maan met sy skewe lag
le skyns vinaant …
Van oor tot oor,
nie net gehoor … en jou oë …
Jou oë praat ‘n vreemd bekende taal wannir jy derie silwer sterre na my staar …

Diepsee

Uit die bloue kou van destydse bestaan.

spoel jou warm woorde strome oor my sielsgelaat …

… storms wat branders word,

branders wat rotse breek,

rotse wat standvastig knak …

Tafelberg

Verdwaal na jou my Tafelberg
Verdwaal om in jou son te verf.

en om op ontydige somersreëndae soos vandag
deur jou stormwinde die woorde uit my uit te lag.

Afskeid

Ek proe jou naam versigtig
Fluister dit soos die sagte woorde
van ‘n herfsgedig.
En ek weet soos ons nie meer is nie
sal die spruite van ons saadskiet
ons harte nog omvou

En as dit rookvaal skemer word
sal bloeisels bot en liefde ontwaak.

Ek ruik die soet-soet geur van afskeid
as jou naam …
my tong,my lippe raak …

ongetiteld

Die nag lê in droomland
waar ek in my smart lê kaal
met sigaret, koffie en bedlamp
om die donker te bewaar.

Dis snag wanneer die donkir my kom haal,
dan wat my hart in sy swart verdwaal.

ongetiteld

Om te gryp
mar ok te hê

Om te geniet
mar ok te hou

Dis die mystery
van ons saamwees
wat my altyd sal omvou.

Butterfly

Dis wanni ek …
laatnag dronk innie kop
my kissing bespring
wat my kop te swaar raak vi my lyf en
ek norig om an jou vlinderways te moet dink …

Pasgetrout

Heel aant hou ek dop
die ring
die man en
die pop …

Hy speel met haar so sagkens
en morsie met haar kop

Hul vingers vleg voor tv
Hul koeksister op die grond

Hy vra of sy sal mee gee,
sy skud rustig haar kop

Wanneer hou diè liefde op?

Sy ring sit om ha vinger
Sy saad speel op haar skoot …

Hoe hou mens dan diè liefde
… al voel dit dan jou hart is dood?

Hoe voèl mens dan die lièfde
as jou hart lei an hongersnood …
Hoe kèn mens dan die lièfde
as jou hart klop op halwe brood.

pilgrim

In Caravanparks
oppie eensame agterseats
van ‘n gebroke droom,
breek jy deur die hartseer chaos
van teleurstelling

Jou gisters het jou ryk gemaak,
Jou mores skyn blink
annie sykante van gehoor…

En wanneer die maan sy ligstrale
versigtig oor ‘n donker verlede trek,
leer jy in onskuld weer die doel van jou bestaan.

Sagte Pilgrim,
Kampvegter vir reg,
Jy maak al die hartseer weg…

seer

Jy is die opgeswelde oë wat my vanoggend begroet het
Jy is die mes waarmee ek my toast nou smeer

Ons botter gly daarvan af.

Blomparade

Gee vir my ‘n Anna*
Toegevou in ‘n doos vol kannas,
Rooi en geel en goud,
En hoop vir my,
Hê vir my,
Skryf vir my
‘n tuil vol blomme
en wonder of ek jou dan nog wil hê.

*Anna – Indiese Muntstuk

“parasite-lover”

Jy lê
Op die bed

– En in my gedagtes
Jou lyf grys, reeds lankal dood
En opgeblaas,
Om jou hart,
En in jou kop
Kruip duisende gedagtes rond.
Jy groei mos al in die rondte,
En om en om my lewe,
Mos wat klam bly van die verlede,
En aanhou groei en teel en teer,
Lê jy op die bed
En in my dedagtes –

my lyf in joune,
vanoggend gebore.

dis hoe dit is….

In ‘n wêreld vol verwikkelinge
Waarvan ons nou nog meer wil leer.
Gebeur daar soms soveel
Ongevraagde dinge
Wat nie ek of jy kan keer.

Herinneringe vs. Memories

My en jou môres
Het reeds gister begin droom

En nou wonder ek
Wien van ek of jy,
eerste gaan wakker skrik,
uit die bed opsring
en aan gister dink.

Sonneblom

Geel staan jy
En paraat,
Met jou gesig
In myne

Lewe spring
Uit jou uit
Wanneer jy
In stomheid met my praat.

Threesome…

Twee ‘n paar, drie ‘n tros!

My hart stik aan dowwe stof:
Stof wat my hele lewe verdof.

Ek staan soggens op
En ek wonder oor more
Ek wonder
Oor wat kan wees
En of ons nog lewe.

Drie is so ‘n croudy-getal
Wat my laat wegloop,
En tog ook tuis laat voel.

Jy het my gistraand
Bespring met haatlike gedagtes
En nou tol my hart
Hy rol in stof en modder.

En dan word jy kleiner
En net ons twee bly oor,

Drie, weer eers vir later.

Vervreemde-liefling

Ek skryf van sonneblomme
En geluk
Want jy
My vreemdeling wat hier langs my sit
Deel soveel herinneringe
Waaraan
ons altwee stik.

Vreemde geluk

Woorde is hol gedagtes
Ek rol dit om my hart
Want êrens
Rondom jou
En rondom my
En in ons hartekring
Draai klanke rond
Waar ons saam
sweef in harmonie.

En saam maar ook nie,
Gelukkig, nooit nie,
Vry, gebonde,
Kreatief, eiewys,
Verberg verewig.

Afskeid…

En so laat ek jou dan gaan
Want ek hou nog vas aan wat jy my gegee het
Want ons saam gemaak het,
So skoon en mooi en sag.

Ek kyk nou in ander oë
En ek voel ‘n ander voel
Sien ‘n ander sien
en jy is weg.

Maar ek skryf vir jou,
Want ek weet jy kan nog
Luister en Sien en Hoor
En ek weet jy kan nog Voel.

In my arms hou ek hom vas,
En ek weet ek kan jou nie hê nie,
Nie so nie,
Onvoorwaardelik.

Gryp jou dag aan,
En jou lewe en
Jou nuutgevonde liefde.
En sing vir haar
Lag vir haar,
Wees lief vir haar, want

More sal ek jou sien
More sal ek weer voel,
Maar vandag
Is ek eers vomaak gelukkig.

Vernuwing

Ek speel met my mind
en maak golwe met gedagtes
Ou gedagtes wat verrrot is
En ek vind daarin weer ‘n stukkie lewe
Om op te leef
Sodat ek net eendag weer sal besef eks dood
En daardeur weer begin lewe.

Wonder…

Wonder jy en wonder ek
As jy ligvoets oor my lewe hop
Met kanne vol more’s
Opgesluit in soveel herinneringe.

Bedrieg

My hart het my verlei.
Om die bos gelei en belieg.

Splinters

En met een naam
Gooi jy als omver,
Breek als voor my
In my en om my.

En ek sien hoe my liefde verby flits,
In een sekond, een milli-sekond.

Waar was jy vanoggend toe ek wakker geword het soos ‘n flenter in die bed?
Waar is jy as nie hier is nie?
Waar wil jy wees?

‘n Onbeskryflike drang na vriendskap het my vanoggend oorval,
en ek het besef dat ek nie meer het wat ek wil hê nie,
ooit gehad het?

Nou sê jy vir my ek speel rond met assumption,
Ek dink en ek doen,
nie waarvoor ek lus het nie,
maar juis dit wat ek moet.

Gaan jy my nog vashou daar in jou kop
Net soos ek jou sal sement
sal jy
is ek en
is jy?

Saam is ons,
En tog nie saam.

Ek lê so die ander aand
en ek sing in my kussing
en ek bid dat Jesus tog daar is
, dat Hy daar is maar ook tog hier,
want ek voel Hom nie meer nie,

Nou vra ek jou, en ek vra nou.

Lief of nie,
Getrou of nie,
Myne of nie,
Joune of nie,
Ek of wie?

Verlore liefde

Voordat ek jou verloor het,
het jy my soos yskoue roomys
in die sandkorrels van ververlate eiland-strande
laat bollemakiesie
spoel-spoel, gety oor my kop
Suig-suig, soutborrels in my op.
Nadat ek jou begin verlang het,
het ek seewiere, jellievisse en bloublasies gaan vang,
geweeg,
telig bevind en teruggejaag.
Sodat ek kon aangaan met my lewe
het ek skulpe versamel,
geleer hoe om branderplank te ry,
lewensredder geword en gaan aftree op ‘n onbekende strand.
Noudat ek van jou vergeet het onthou ek weer hoe ek jou verloor het.

koos…

“My hart is nat
Waar jy verby geskuur het”
Beskryf en besing die seer in jou
En sing vir my
Want jou woorde
Tog so onbeskryflik hard
Skree uit ‘n sagte hart.

Nat-seisoen

Ek het jou geteken
koel en koud soos ‘n grootwit yskas en
uit jou uit het ek ‘n bord vol vlamme gaskets
so soepel-lopig soos die riviertjie in my agtertuin
Jy was wit en rooi, geel en swart
soos die bos Valentynsrose wat ek graag die jaar wou hê.

Binne jou was dit donker en net ek kon jou met my hart verlig
dan het jy jou lig oor my geskyn soos die helderste maanlig
die sonnigste-geel middag, en die silwer sterre in die hemeruim op die
mooiste, mooiste nag.
En alles het mooi geword.

Ek het jou geteken, koel en koud soos my yskas
aan jou vas was ek geplak .. en uit my het ek gekerf
‘n vlaag van woorde, net soos ek graag sou wou praat as ons ‘n woordverwiselling gehad het.

In jou, en in my, was ‘n warboel van woede wat ons versigtig geleef het, gewater het met ‘n hart.

jou gemis?

Het ek jou gemis?

Jy is daar vir my as ek wil lag,
Jy is daar as ek wil huil,
Jy is daar vir my ten volle,

klaar ver by my verby.

Sondaarsrust

Sondaarsrust

Ek rus
As jy rus
In my. (en)
Om my
Loop die duiwel rond
Onder my
Lê jou kop
En in my
Vasgepen
Staan jy
my gedagtes vol.

Ek rus
Op Sondaarsrust,
by Sondaarsrust,
Verby.

Jy mok my…

Swaai, swaai,
my hart swaai om joune,

Net in die diepste stiltes van die nag
voel ek jou nog aan my vas,

Jou lyf met kannas,
Jakob-regop in my
en sonneblomme op jou oë.

Maar as môre kom dan is jy weg,
swaai ek in jou,
jy om my,
met retoriese-ritmiese bewegings
wat alle voel laat wegkwyn.

Getroue Owerspel

Hoe verwurg sal julle in mekaar se seer bly staar
Hoe koud en hoe vol haat,
Wat sal die woorde prikkel
En wat sal die woorde staak?

Ek het laat laasnag gelê en wonder
Hoe man tot man
My toekoms sou besing

En gedwonge het ek aan die slaap geraak,
Want hy sal stilbly
En jy sal raas
Huis toe kom
Jou goed vat
En by haar gaan slaap

Hoe verwyt-verbitter
sal ek dan droom, oor
my ontmoeting met die ander vrou.

Marjorie en jaloesie

Magrietjie, Magrietjie
Jy met jou fyn beduiwelse voelertjies
Wat heeltyd aan my son bly vat
Jy wat een oggend jou vlerke gesprei het
En in al jou volheid lewe probeer vind het.

Jy is groen want ek is nie,
En geel want ek is hier,
En jy is nie.

Magrietjie, Magrietjie,
Ek het jou gedroom
Waar jy in hierdie woestyn vol water,
My laaste stukkie son kom steel.

Ek sal nie veg nie, en ek sal ook nie skree,
Want jy mag maar probeer.

Jy is dood want ek is nie
En weg want ek is hier,
En jy is nie.

Afskeid….

Vriendelike afskeid

En so laat ek jou dan gaan
Want ek hou nog vas aan wat jy my gegee het
Want ons saam gemaak het,
So skoon en mooi en sag.

Ek kyk nou in ander oë
En ek voel ‘n ander voel
Sien ‘n ander sien
en jy is weg.

Maar ek skryf vir jou,
Want ek weet jy kan nog
Luister en Sien en Hoor
En ek weet jy kan nog Voel.

In my arms hou ek hom vas,
En ek weet ek kan jou nie hê nie,
Nie so nie,
Onvoorwaardelik.

Gryp jou dag aan,
En jou lewe en
Jou nuutgevonde liefde.
En sing vir haar
Lag vir haar,
Wees lief vir haar, want

More sal ek jou sien
More sal ek weer voel,
Maar vandag
Is ek eers vomaak gelukkig.

X-vriendin

Met woorde
wat nie altyd rym
Deel sy met my
haar hartsgeheim
Met ‘n menthol
in die hand
Lyk vryheid vi ha
soos I troupand

Swing

Gooi jou, en gooi my
Van kant tot kant en
Heen en weer,
Stil gepraat en
Aan die gang geskree,

Vergeet ek, en vergeet jy,
Van herinneringe en verwikkelinge,
Van gister en van more,

Soen ek, en soen jy
Ons toekoms in met andere.

Verbrande toast

Jyt my doodgewone lewe ongedwonge aangeraak,
En nou dink ek aan jou as ek opstaan,
ek dink aan jou wanneer ek gaan slaap,
Maar jou stem klink ver in my drome,
Jou gesig is wasem teen my stort se muur.

Ek proe nou nog die bitter-soet van ons toast se smeer,
My tee proe laf,
Die botter is klaar.

Jy lê ver van gister af,
Nog verder van vandag,
Tog sien ek jou gesig,
Ek vat daaraan as ek aan jou dink.

Jyt my gedwonge en ongewoon aangetas,
Want my denke draai sirkels om jou hart,
En ek skryf oor jou as ek opstaan, ek skryf oor jou
Wanneer ek gaan slaap.

Wys my die pad van hier af,
Want jou kronkel loop duister woorde om my hart,
En ek bloei lente bloeisels rooi van seer,
Kom en gee my meer.

Pappaprins…

Ek skryf vir jou hierie gidig,
Omlat jy geen ordinerie pa is nie,
Jy is nie, want jys annirs,
En al mag ekke jou nie yntlik
Jy of jou noemie,
Weet ek jy sal vistaan, want
Jys geen ordinerrie pa.

Ek skryf vir jou om thanx ti sê,
Vir memories, en goet wat mooi is,
Goet wat ek onthou,
En goet wat ek al vigeet het.
Vir allie mooi wat jy vi my gileer hit.

Ek skryf oorlat ek bly is,
En oorlat ek wil hê jy moet dit weet,
Want voor jou staan I dogtir
Wat dink sys goet gileer.

Ek Skryf oorlat ek groot is,
En baja meer dingi nou vistaan,

Soos hoekom jy gisê het ek moet gan blaas
wannir jy opgigee hit om ti raas.
Hoekom jy my wee vigewi het,
En hoekom ek jou nooit kan pla..

Pappa, jys geen ordinerrie pa nie,
Jy, kom yt I Fee virhaal …

Brandende verlange

1.
ek klou..
jou woorde in my mond vas en
ek skep.
herinneringe daaruit.

maar die herinneringe spoeg
vure van verstoting in my op
en wanneer ek my mond slyt
verdwyn jy..

2.
Ek staan voor jou deur
en ek klop
mar jou antwoorde ego
hol simbole hier in my kop..

Jy hoor my maar antwoord nie

ek draai om en smeek myself.

3.
Die dae te kort
Nagte te lank
En elke minuut groei
Skemer in my hart…

4.
Ek voel jou hart klop in my are,
Ek sien jou oë op my lewe
Ek hoor die ego van jou stem
Brandend deur my kop…

5.
Dae hardkloop
Soos maande
Deur my hart,
Ek kyk deur jou oë
Na die maan daar bo,
En beleef weereens

‘n Poëtiese oomblik,
‘n leeftyd van verlange

Wat jy wil weet:
Loena is i undercover jipsi.

Ek digskryfskilder al lyfjare en sielemyle, en soms verdwyn ek,my pen,keybord of selfoon die donker-unknown-dieptes in opsoek na antwoorde op vrae wat nog ni eens gestalte gevind het nie.
Dit als net sodat ons uiteindelik veertjie-ligvars sag-sag weer terugkeer met a new understanding of what is…and what is not…
Redefined,enlightened,gereed om soveel meer te kan gee….

Ek worry ni meer oor die moelik-vergeet oordonnirende swart gisters wat my altyd lat wonnir het nie, nie oor watti skitterblink mores da nog gan wesie,en okkie hoekom vandag partymaal tog nog deurmikaargrys lykie. Al wat saakmaak is NOU…wat ek NOU beslyt,NOU voel,NOU dink en NOU se…

SEISOENE….
Lenteontdekking …
… Somersvreugde
… Herfsbegrip
Winterskombers …

Poetry is written within the seasons of the heart,an explosion of pastfeelings my believe is to accomplish seperating the head(ruler of mankind) and soul(adsl connection to the creator) – in order to devine the reality of life in such a way,that u’ll know and feel not what was,not what ur searching for but what u have.

Unhapiness…is jou brein wat terug kyk na die verlede en memories wat mooi is,homself daarin terugleef en besef dat wat hy nou voel nie so lekker soos toe voel ni….
Happiness…is om jou brein op die agtergrond te plaas…
TOTAL CONTENTMENT…
(thanx my skemer)

Lewer kommentaar

Leave a Reply