Molière se Ipekonders

Toe Molière in 1672 aan La Malade Imaginaire of Ipekonders, soos die Afrikaanse vertaling heet, begin werk het, het hy geweet hy is sterwend.

Dit het egter nie die einde van sy draakstekery beteken nie. Met sy kenmerkende humor, kwinkslae en genialiteit skep hy vir hom die rol van Argon, ‘n hipochonder wat heeltyd op sy commode sit
en kla oor sy verbeelde siektes.

Argon is só behep met dokters dat hy selfs sy dogter wil laat trou met ‘n dokter sodat dié hom kan
versorg.

Vandag skater gehore steeds oor dié karakter wat die spot dryf met 17de eeuse dokters wat in elk geval meer intensiewe opleiding gekry het in Latyn en retoriek as in anatomie en snykunde. Volgens die denke van
daardie tyd was die mediese beroep Apollo seuitvindsel, is dit deur Asclepius verfyn en deur Hippokrates en Galen vervolmaak. Die twee belangrikste behandelingsmetodes was purgering en bloedlating! In een jaar
byvoorbeeld het Louis XIII 215 dosisse purgasie geneem en 212 enemas en 47 bloedlatings ondergaan!

Sou iemand met Molière se onhebbelike lewensbeskouing sulke belaglikhede ongestraf laat bly? Kom geniet
sy meesterlike satiriese komedie met ‘n professionele span spelers en Gerben Kamper as Argon.

Lewer kommentaar

Leave a Reply