Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Soos ’n wind
Vanaand is die paaie stil
Dis net die wind wat praat
Die bome doen hul eie dans
In die donker van die straat
Soms kom kuier die reuk van die see
Deur my venster van die naby Strand
Maar vanaand, vanaand is dit anders
Die reuk waai terug na die Suidekant
Lyf onder laken en kop bo kussing
Hart vol herinneringe en verlange
Maande al verby, ek het aanbeweeg
Toe nie – aan jou bly ek gevange
Was ons soos ‘n blaar
Wat sweef in die wind
Sonder rigting of plan
Aan geen tak verbind?
Was ons net ‘n gedagte
‘n Droom of idee;
Of ‘n oomblik van ‘n oomblik
Soos ‘n brander in die see?
Ek twyfel.
Ons is ‘n hardeband boek
Onvoltooid tot hoofstuk ses
Ons is ‘n ontsaglike vuur
Vasgekeer met ‘n nat-hout-pes
Ons skatkis is vol geheime
Alles weet ons van mekaar
Ons lag, ons huil, dis normaal
Ek glo ons stilte is amper klaar
Die diepte van ons vriendskap
Van gevoel en vermaak
Van sorg en van kennis
Lyk soos ‘n aardbewingskraak
Beste maat, dis jy vir altyd
Vriendin, liefde, soos geen ander
Soveel soos toe en tot vandag
Het ek jou lief, dit bly onveranderd
Maak nie saak wat gebeur
Al vernietig die wind soos nou
Daar’s niks onmoontlik vir God ons Vader
Hy herstel, moet Hom net vertrou
Winter son
Roep jy my, ou winter son?
Roep jy my uit die koue?
Jas en serp hou my nie warm
Jy weet dit goed, jou oue
Koue slaan oral waar ek gaan
Ek trek al hoe meer klere aan
Maar koue weet waar ek vergeet
Ek kan dit nie verstaan
Ek dink aan sop, ek dink aan vuur
Ek verlang na kaggel-vlamme
Ek verlang na ‘n warm somersuur
Die swem in plaasdamme
Maar somer son hou niks van my
Hy maak dat ons die heeldag ly
Water drink, te veel, te min
Sy hitte swerf deur als verby
Jy roep na my, ou winter son
Jy roep my uit die koue
Ek kom na jou met jas en serp
Omring my net jou hitte.
Op die gras, bo kombers
Lê ek, sit ek alte warm
Winter son, reg rondom my
Vlug die koue darem
Winter is klaar, dis somer tyd
Koue jy verloor die stryd
Jy was hier en nou’s jy voort
Oorsee waar jy behoort
Ek roep na jou, somer wolk
Ek roep jou uit die bloute
Die hitte raak nou hewig swaar
Ek soek ‘n bietjie koue.
(2016)
Nooit vergeet
Bruin hare, bruin oë
Glimlag van bo
Die mooiste vrou op aarde
Vol vreugde, vol waarde
Diamante en goud
‘n Kapel van hout
Hase en tulpe
Mense en stilte
Jy word nou syne
Gehoop jy is myne
Vrou van my drome
Word vir hom belowe
Kanse verby
Vergeet van my
Maar vir jou
Sal ek altyd onthou
(2016)
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Jy skryf baie mooi…sal nog wil lees. 🙂
Baie dankie Barbara! Ek waardeer jou kompliment.