Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Vir Chris Barnard
Jy ‘n jong man van Beaufort Wes was nooit gemaak om ‘n normale lewe lei
Verdeel tussen navorsing by die Universiteit en jou gesin by Zeekoeivlei
Dit jaag jou, die dinge van die hart
Die hardnekkige klop van die spier van smart
Aantreklik en uitgesproke kyk jy direk
Sien jy die mens en laat jou nie deur Apartheid belet
Onder die vel is almal se bloed rooi
En weier jy dat conformity en Nasionale Party regering jou humanity destroy
Toe kom daardie Saterdag Denise Darval het ‘n koek gaan koop
En die motor tref haar terwyl sy oor die straat loop
Een se dood is ‘n ander se brood
‘n nuwe hart vir Louis Washkansky toe hulle hom in die teater in stoot
Dis jou oomblik van waarheid … jou destiny
Jy verwyder die stukkende hart en staar na die lee chest cavity
Saterdag was jy net ‘n chirurg in ‘n wedloop die eerste hartoorplanting het jou geteister
Sondag was jy voorblad nuus en het die wêreld jou naam gefluister
Toe kom fame en stardom en dit breek soos ‘n brander oor jou
Time Magazine, ‘n Audience met die Pope en affairs met menige ‘n mooi vrou
Maar tyd is jou vyand en soos ‘n scorned lover laat ouderdom homself vergeld
En is daar geen cure teen die plooie vir die eens beautiful held
Alleen in Ciprus blaas jy jou laaste asem uit
Sinatra begelei die engele koor terwyl jy sing ”I did it my way”
Hulle strooi jou ashes in Beaufort Wes terwyl die wêreld op ‘n afstand loer
Rus in vrede Christiaan Neethling Barnard … jy het teruggekom huis toe
Nou stap ek hier in Grootte Schuur … in jou voetspore
In daardie geskiedkundige teater staan ek amazed en voel ek skielik bewoë
In die gang staar ek na jou jong gesig vibrant en aantreklik
Your presence still lingers here, jy voel nog so werklik
Dan is dit meteens stil … ek rus stadig my kop teen jou portret en sluit my oë
My asem wasem teen die glas … ”Chris” fluister ek … ”Chris kan jy my hoor”
Ek voel duiselig … skielik val dekades weg
En is ek vasgevang in hierdie oomblik … in hierdie plek
My borskas oopgekloof … wys ek vir jou my hart stukkend van leed
“Chris … Chris help my … as jy net die gat kan regmaak … sodat ek kan vergeet”
Dan voel ek die steekpyn in my hart, ‘n warm fluister in my nek
“Ssh … ssh” hoor ek die stem … tyd en hoop maak alles weer reg”
(2012)
Vir Ingrid Jonker
Pa, … pa waarom het jy my verlaat
Was dit ma se kranksinnigheid of was jou liefde groter vir die Nasionale Party staat
In 1943 was ek ses, my moeder en my kindwees verloor
Ek swerf rond en skryf gedigte wie sal my hartseer hoor
Pa, pa waarom moes ek en Anna by jou bly
Waarom my martel … net in my gedigte was ek vry
Opperman was my vriend, hy het my geleer
Ek het talent gehad pa, waarom wou jy my nie laat studeer
Ontvlugting het ek aan jou opgedra
Wat moet ek meer doen voordat jy my kan liefhê pa
Pieter, Pieter vat my weg, ek sal met jou trou,
In Johannesburg word ek ma … maar binne my bly dit rou
Simone jy is die lig in my depressiewe dag
Ek moet weg uit die swart, na ‘n nuwe begin wat in Kaapstad wag
Apartheid het my laat skryf oor Nyanga en ‘n swart kind
In 1961 het ek myself in Valkenburg-inrigting bevind
Andre P Brink en Jack Cope se liefkosings aan en af
Die hartseer na die aborsie, die ewige smag
Na liefde, aanvaarding, na gesonde verstand
In 1964 wen ek ‘n prys en vat Rook en Oker my na ‘n ander land
Saam met Breyten in die strate van Parys
Maar hy los my en gaan terug na sy vrou … na sy huis
Wie sal vir my lief wees pa, nie eers jy wou my hê
Ek is mal, depressief … moet ek dan vir die res my lewe in ‘n inrigting lê
Ingrid, Ingrid … Drieankerbaai wag,
Geen afskeid, geen begrafnis, geen graf
Ingrid, Ingrid … vat my hand
Ek herhaal jou … in die hiernamaals sal ek jou ontmoet op die strand
Pa … pa jy het my terug gegooi in die see
In die seewind ruik hulle my heimwee
Hulle ken my pa … hulle sing van my bitterbessie dagbreek
Hulle het my lief pa, … hulle sal my nooit vergeet!
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Treffend