Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar.
Die toonaard is verfrissend speels en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur ’n ironiese inslag, en fokus op momentopnames van die later lewe.
Louise Viljoen skryf oor hierdie verse dat dit “so konkreet is dat jy voel of jy aan hulle kan vat, so bevatlik in hul eenvoud dat jy hulle byna intuïtief verstaan; tog is hulle gevul met ’n gedagtewêreld so ruim soos die heelal.”
Joan Hambidge gesels inleidend oor Wilma Stockenström se gedigte, terwyl Wilma van haar gedigte sal voorlees.
Met Joan Hambidge en Wilma Stockenström
Bôrdienghuis Teater, Wellington, 14 September, 15h30, 30 minute, Gratis.