Maagdevlies

Anoniem skryf: “Ek is 23 en het so maand terug uitgevind ek is verkrag toe ek klein dogtertjie van +/-6jr oud was en dit meer as 1 keer so-ook seksual misbruik die 1ste paar jaar van my lewe (ouderdom 2en ouer). EK het die verkragting met berading onthou… om dit is dit nog blank. ek onthou net die action… en die pyn, die naarheid, die emosies ens. Dit pla my nou net baie want ek het nog nooit eers `n ou gesoen nie, het ook nog nooit `n “boyfriend” gehaad nie of sy hand vas gehou nie. Ek het my lewe lank geglo eks `n maagd en nou lyk dit nie meer so nie. Ek weet nie of ek een is nie, dit lyk nie meer so nie. Verduidelik asb. ek verstaan nie die dinge nie. Ek wou graag maagd wees vir my trou man, My lewe voel soos`n leuen…ek het nou getoets hoever ek my vinger kan indruk na ek uitgevind het omdat dit my pla. My hele vinger gaan in. Hoe ver is dit in die vagina voor die maagdevlies breuk?”
Antwoord: Dit is altyd ontstellend om te hoor dat ‘n kind so ‘n afgryslike ervaring moes beleef. Baie sterkte vorentoe.
Jou lewe is beslis nie ‘n leuen nie. Indien jy jou maagdevlies gebreek is in ‘n situasie waarin jy geen beheer of sê gehad het nie is jy vir alle praktiese doeleindes nog steeds ‘n maagd. Maagdelikheid verwys ook na ‘n rein leefwyse en dit klink asof jy, in ‘n meerdere mate as meeste jong dames vandag, hieraan voeldoen. Jou onkunde is geen kruis nie. Dit sal eendag as bewys dien vir die liefde van jou lewe dat jy nog rein is.
Die maagdevliesie sit in die opening van die vagina.
Hoop jy vind liefde en vrede in jou lewe!

Rooi Rissie skryf:
Ek wil net weet of dit bloei as jy die eerste keer seks het, ek bedoel nou as jou virgin skeur.
Marthie van Zyl:
“Ja, dit bloei wel in die meeste gevalle, die hoeveelheid bloed verskil van vrou tot vrou, maar dit is beslis nie ‘n gru-toneel na die eerste keer nie.”

J**** skryf:
“Ek is 23, was ‘n keer of wat in ‘n verhouding, maar het nog nooit seks gehad nie. Nou het ek ‘n bitter stupid vraag: Presies waar is jou maagdevlies? Hoe diep moet iemand ingaan om daar by te kom? Sal hy kan voel wanneer hy daar is? Skies man, dit klink stupid, maar my ma kon nie met ons oor dié tipe goed praat nie.”
Ben:
Hier´s nou iets waarmee ek lanklaas te doen gehad het 😉
Die maagdevlies is ´n stukkie vlesige membraan wat die vagina (gewoonlik) gedeeltelik afsluit.
Die vlies sit in die opening van die vagina. Dit verskil van vrou tot vrou in grootte, dikte en vorm. Die opening wat gelaat word is nodig vir die menstruasie.
Meeste vrouens se vlies skeur gewoonlik met hul eerste seksuele ervaring. Dit gaan meesal gepaard met ´n ligte brand- of steekpyn.
Die gebruik van tampone kan die vliesie meer elasties maak en nie so maklik laat skeur nie. Jong dames wat eksperimenteer met iets groter as ´n tampon se maagdevlies is gewoonlik reeds weg voor haar vagina die eerste penis ontvang.
In die Midde-Ooste is daar heelwat “wedergebore maagde”. Plastiese chirurgie om die vlies te herstel is hier baie gewild aangesien jong meisies met hul lewens kan boet vir ´n geskeurde maagdevlies.

Ek het die volgende vraag ontvang:
Hoe weet jy of iemand nog ´n maagd is?
– Anoniem
Ben:
Anoniem
Jy vra vir hulle!
Indien die maagdevlies (die vlies wat die vagina gedeeltelik afsluit) van ´n vrou afwesig is mag dit ´n aanduiding wees dat sy moontlik nie meer ´n maagd is nie. Dit is egter nie ´n uitgemaakte saak nie. Sy kon haar vlies gebreek het met ´n speelding.
Maagdelikheid word bepaal of jy al geslagsgemeenskap gehad het of nie. Dames breek hul maagdevlies op allerlei ander maniere as seksuele omgang.

Lewer kommentaar

Leave a Reply