In hierdie ryk geskakeerde bundel word nie alleen die konsep en konteks van “meditasies” verruim nie, maar word die gedig-as-meditasie tot ’n nuwe hoogte in Joan Hambidge se werk gevoer, word dit ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon. Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ook besonder skerp herinneringe.
Meditasies word op 20 November 2013 vrygestel.
