Mr Cat and the Jackal

Die immergroen, immer-populer en waar-is-my-skoen musiekgroep, Mr Cat & the Jackal, het besluit om bietjie stadiger te seil. Dit beteken nie hulle gaan laag lê nie, nee. Dit beteken hulle is weer lus om na al die klein dorpies te gaan waar hulle van te vore geraas en kerrie aan gejaag het. Die groep het bekendste liedjies verwerk en hulle instrumente skerp gemaak om rooi wyn bekke langs die vuur te vermaak. In plaas van die gewone vyf musiekante, gaan daar net drie wees met vreemde instrumente om dinge meer intiem en warm te hou.

So bespreek ‘n plekkie vir twee langs die vuur saam met die groep goëelende ghitaar katte vir rooiwyn en vlamme en stories met tande.

Saterdag, 2 November, 20h00, Kaartjies: R70.00
Ou Meulteater, Paarl
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply