Om die aand te onthou, toe ek jou eerste ontmoet:
Is as om in slaap te le en te droom van ‘n lewe tevore,
waar jy my suster, geliefde of broer was.
Ons was eweskielik van mekaar gesny en weg geneem en verlei.
Gelukikig is ek, om jou hierdie keer weer te kan ontmoet,
gelukkig nie weer in die 50’s
of op ‘n oorlogs veld, in bloed.
Ons het al die wereld betoer, en in noue gange gevry
en in duister gate
gekoekeloer.
Ons het al saam groot geword, ‘n honderd maal bloed broers geword.
En in jong liefde, saam gestort.
Die nagte en dae waarin ek jou elke keer opnuut ontmoet,
in nuwe liggaam en bloed.
Weet ek, jy weet, dat ek jou nie
vir die eerste keer,
groet.
Aan Johke Steenkamp,
Volgende lewe sing ek vir jou ‘n song.
