Ek is nie in julle drome nie,
ek was nie in julle kerke nie,
ek gaan nie in julle geskiedinis wees nie.
Maar tog in jou gedagtes leser,
tussen papier en ink
is ek hier en nou by jou.
Vind my in jou dieper soek,
kom haal my uit die kroeg:
van jou diepste wese uit.
Sodat vir ‘n oomblik,
tyd weer kan stilstaan.
En ons kan soos kinders kan baljaar,
met Afrika sand onder ons tone.
