Orgasme! Hoe?

A**** skryf:
“Ek was vir 12 jaar getroud en is onlangs geskei. Ek weet niks van orgasme af nie en het nog nooit een (ek dink) myself gehad nie, selfs toe ek getroud was. Ek het weer iemand ontmoet en ek sit met ‘n probleem. Hy doen alles net reg en ek weet nie of ek ‘n orgasme bereik nie. Wat ek wel weet is dat wanneer ek lekker kry dit vir my voel asof ek urineer. Is dit reg, moet dit nie lyk soos wanneer ‘n man kom nie? Ek weet nie hoe dit voel of moet voel nie. En jy gaan lag, maar ek is maar ‘n leek as dit kom by my liggaam, ek weet nie eers waar die klitoris is nie ens. Is ek nou maar net een van daai wat dit nooit gaan beleef nie of is dit omdat ek nie my eie liggaam ken nie? Hoe weet ek wanneer ek ‘n orgasme gaan kry?”

Ben:

Ek dink die bydraes laer af gaan jou meer duidelikheid gee. Wat ek wel kan byvoeg is dat ‘n vrou en ‘n man se orgasme verskil. Daar is wel sommige vrouens wat ejakuleer, maar hulle is in die minderheid. Ek dink jy moet vir jou ‘n goeie boek aanskaf en jou liggaam op eie houtjie verken. Hulle sê mos mens is nooit te oud om te leer nie.


Sukkel skryf:
“Ek is getroud vir bietjie langer as ‘n jaar en sukkel om te kom. My man is baie goed, maar ek kan nie kom tydens seks nie. Ek weet ook nie hoe dit voel om ‘n orgasme te hê nie, en ek weet ook nie of ek al een gehad het nie. Kan jy ‘n orgasme vir my beskryf, en hoe weet ek ek het klimaks bereik? Hoop jy kan help.”

Ben:

Lees gerus die onderstaande. Ek kan byvoeg dat orale seks soms makliker ‘n orgasme meebring.


Anoniem skryf:
“Hoe weet ek as vrou dat ek ´n orgasme gehad het?”

Ben:

Elke vrou se orgasme is anders. Soms kan dit geindentifiseer word deur sametrekkings in die onderlyf, spesifiek die ringspiere.

Elke vrou moet leer om haar orgasme te identifiseer. Die beste manier na my mening is deur masturbasie.


A skryf:

“Ek is ´n getroude vrou en wil graag weet op watter manier oefen jy om ´n orgasme te kry terwyl jy seks het, dis moeilik as my bene oop is en kan net ´n orgasme kry as ek gestimuleer word deur sy vinger en sodoende is my bene toe en dan vat hy op die regte plek. Gee raad asseblief.”

Ben:

Jy gee self die oplossing vir die probleem, “… dan vat hy op die regte plek.”

Die volgende stap is om sy penis op daardie plek te kry tydens omgang. Dink aan ´n posisie wat julle kan inneem om daardie kol te stimuleer. Indien jy nie kan dink aan ´n posisie nie kan jy vir julle ´n boek kry met idees.
Probeer soveel as moontlik, dis lekker!

Onthou dat nie twee van ons dieselfde is nie. Ongelukkig gebeur dit dat hier en daar iemand is wat net op ´n baie spesifieke manier ´n orgasme gaan kry. Sulke persone is by verre in die minderheid.

(foto: Robert McDonald)

Lewer kommentaar

Leave a Reply