The Literary Man in Portugal spog met die titel van die wêreld se voorste hotel vir boekliefhebbers.

Saam met jou slaapplek kry jy toegang tot ’n versameling van meer as 50 000+ boeke wat aanhoudend groei.

Boeke kan feitlik oral in die hotel gevind word, op die mure van die massiewe sitkamer, in die slaapkamers, in die restaurant, by die jenewer-kroeg en selfs in die stokou wynkelder. Die meesal Engelse boeke dek ’n verskeidenheid genres, van romans en poësie tot kookboeke.

Maar wat gebeur as jy ’n baie goeie boek kry en dit nie kan voltooi teen die einde van jou verblyf nie? Jy neem dit saam huis toe. Meeste boeke by The Literary Man is te koop, insluitende ou, seldsame titels ter waarde van sowat R8 000. Meeste besoekers verkies egter om ’n boek te skenk aan die hotel se bekende versameling, in plaas daarvan om een huis toe te neem.

Lewer kommentaar

Leave a Reply