Suid-Afrika se mees gevierde pianis, Abdullah Ibrahim, sal op 13 en 14 Oktober 2017 twee solo-klavierkonserte lewer by die Artscape-teater. Die program dek Ibrahim se komposisies van die afgelope 70 jaar.

Abdullah Ibrahim is in 1934 in Kaapstad gebore en Adolph Johannes Brand gedoop. Die Kaapstad van sy kinderjare was ’n smeltkroes van kulturele invloede, en die jong Dollar Brand, soos hy bekend geword het, was blootgestel aan Amerikaanse jazz, township jive, CapeMalay-musiek, sowel as klassieke musiek. Uit hierdie versnit van die sekulêre en godsdienstige, tradisionele en moderne musiek het sy kenmerkende styl, harmonieë en musikale woordeskat ontwikkel.

Kaartjies is beskikbaar by Artscape by 021 421 7695 en Computicket by 086 191 58000. Vooraf bespreking is noodsaaklik.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar