Marié Stander se sesde solo-uitstalling is tans by by ManzArt in Franschhoek te sien as deel van Art Franschhoek.

Stander is bekend vir haar houtskool-tekeninge en daar staan tans nege van haar amper lewensgroot figure wat die ManzArt oorheers in Franschhoek se hoofstraat. ’n Vroulike figuur wat haar plek in ’n multikulturele samelewing probeer vind staan sentraal. Sy gebruik spesifiek klere om dit te kommunikeer, want vir Stander is klere ’n uitbreiding en uitdrukking van haarself, ’n weerspieëling van haar identiteit en haar geskiedenis. Op hierdie manier verduidelik dit nie net haar oortuigings nie, maar ook haar hoop en haar politieke oortuigings.

Die uitstalling sluit ook haar boek Onse Mense ii en Afrikaanse poësie in.

Art Franschhoek 2018 duur tot 25 November.

Marié Stander
Marié Stander

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar