#TuinVanDigters O name, o verlange

’n Bioluminessente kwessie-gesprek rondom Kaar waarin poëtikale kwessies, taalkwessies, literêre sisteemkwessies, wie-gee-omkwessies, wat-maak-dit-saakkwessies, wie-gee-jou-die-regkwessies, kwalititeitskwessies, politieke kwessies, filosofiese kwessies, wie-de-hel-het-jou-vertelkwessies, ekologiese kwesssies, hoe-durf-jy-dit-sêkwessies, hoe-durf-jy-dit-verswygkwessies, ter sprake gebring sal word ter wille van die vermoedbaarmaking van nooitgehoorde dinge wat om die grense flikker van die menslike organisme as ten volle gedetermineerde chemiese verbrandingseenheid (hier en in Madrid).

Met: Marlene van Niekerk en Gerrit Olivier

Genre: Bespreking
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R200 vir alle vertonings op die dag
Plek: Breytenbach Sentrum, Wellington
Datum: 13h00, 19 September 2015

Tuin van Digters 2015

O name, o verlange,
Roekeloos,
29 Augustus 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply