Koos se vrou was op pad huis toe na werk toe sy ‘n groot nood ontwikkel. Op daardie stadium het sy maar te goed geweet daar is nie ‘n garage of enige ander plek met ‘n toilet binne bereik nie. Die veiligste plek waaraan sy op daardie oomblik kon dink was ‘n nabygeleë begraafplaas. Niemand gaan sommer in die donker by ‘n begraafplaas in nie. Sy het gestop, haar verlig onder ‘n boom en moes noodgedwonge ‘n bos blomme gebruik om haar af te vee.
Die volgende dag kry Koos se vriend hom in die kroeg, dronk en hartseer.
“Wat is fout Koos” vra hy.
“Ag, hel!” antwoord Koos. “Toe my vrou gisteraand by die huis kom het ek ‘n hengse skok gekry. Sy was besig om haar uit te trek toe ek sien daar hang ‘n kaartjie aan haar ‘jy weet wat’. Ek loer toe vinnig van nader. Jy sal nie glo wat daarop staan nie!”
“Wat?” vra die vriend.
“Jy sal altyd in ons gedagtes wees – al die manne by die brandweerstasie.”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)