Hier is baie blonde grappe:
Hoekom het die blondine nie ys in haar vrieskas nie?
Sy ken nie die resep nie.
en
Die blond stap op die strand en loop ‘n omie raak wat visvang.
Blond: “Hoeveel visse het oom vandag gevang?”
Omie: “Een galjoen”
“Een galjoen!” gil sy en werp haar op die grond neer. “Dis verskriklik, hoekom doen oom dit aan die seelewe.”
“Hoe bedoel jy nou meisie?” vra die oom
Blond: “Hoeveel is een galjoen?”
en
Die blondine vang haar man saam met ´n ander vrou in die bed. Sy gryp ´n rewolwer en druk dit teen haar eie kop.
Man: “Wag,moenie skiet nie!”
Blond: “Bly stil! Jy is volgende!”
en
Die blond bel die brandweer en sê haar huis is aan die brand.
Die brandweerman: “OK, hoe kom ons by jou uit?”
Blond:”Helloooo! …….. met die rooi lorrie!”
en
Hoekom het ´n blond een meer breinsel as ´n perd?
Sodat sy nie tydens ´n optog (bv. opening vannie parlement) in die straat k*k nie!
en
Die blondine gaan universiteit toe en skryf haar eerste toets. Dis ´n ja/nee-tipe toets, maar sy kom gou agter dat selfs dit bo haar vuurmaakplek is. Uiteindelik bring sy maar ´n muntstuk te voorskyn en gooi dit op vir elke antwoord: kop = ja, stert = nee. Sy is voor die ander studente klaar. Toe begin sy weer teen ´n woeste spoed die muntstuk opgooi. Die toesighouer kan dit nou nie meer uithou nie en gaan vra vir haar wat sy nou doen. Ek check net gou my antwoorde, sê die blondine.
en
Hoekom gebruik ´n blondine die Pil?
Sodat sy kan weet watter dag van die week dit is.
en
Het jy geweet daar’s ´n vereniging vir blondines gestig?
Hulle noem dit die Ama-dom-dom.
en
Hoekom het blondines deurskynende kosblikke?
Sodat hulle kan weet of hulle werk toe gaan of huis toe.
en
Waarom het die blondine Omo gedrink?
Op die houer staan:
MET NUWE VERBETERDE VETVERWYDERAAR.
en
Wat het vier blondines in gemeen?
Niks waaraan hulle kan dink nie.
en
Hoe hou jy ´n blondine ure lank besig?
Gee vir haar ´n papier met die woorde “blaai om asseblief” op albei kante geskryf.
en
Hoe weet jy watter een is die blondine by die begrafnis?
Die een wat sing: “lank sal hy lewe…..”
en
Hoe sterf ´n blondine se breinselle?
Alleen
en
´n Blondine skakel die lughawe en vra “Hoe lank neem ´n vlug vanaf Kaapstad na Londen?” “Net ´n minuut.” sê die besige ontvangsdame aan die ander kant. “Dankie” sê die blondine en plaas die gehoorstuk neer.
en
Waarom hou die blondine ´n leë melkbottel in haar yskas?
Vir mense wat van swart koffie hou.
en
Die blondine koop die een koeldrank na die ander by die koeldrankmasjien.
Persoon agter haar: “Hoekom bly jy geld in die masjien gooi?”
Blondine: “Bly stil! Kan jy nie sien ek is besig om te wen nie.”
en
Waarom wil die blondine nie hemel toe gaan nie?
Sy ly aan hoogtevrees.
en
Vraag: Wat noem jy ´n intelligente blond?
Antwoord: ´n Goue Labrador.
en
Die blondine ry in die straat af. Presies op daardie oomblik klim twee werkers van Telkom teen ´n telefoonpaal uit. Sy draai haar venster af en skree op hulle: “Idiote! Ek bestuur darem nie so sleg nie.”
en
Die ou omie lê in die Hospitaal, op pad teater toe. ´n Jong blonde verpleegster kom ingetrippel met sy verslag in die een hand en ´n bakkie met skeergoed in die ander hand.
“Goeie more oom! Af met die broekie vir my!”
“Nou vir wat, nursie, wat wil jy nou maak?”
“Ek wil jou skeer oupa, want ons gaan jou mos besny vandag!” antwoord sy geduldig.
“Nee, man, ek is hier vir ´n oogoperasie!” gil die oupa verskrik.
Nou verloor sy haar humeur: “Kyk, oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag:
VERWYDERING VAN DIE HORINGVLIES!”
en
´n Buikspreker tree eendag in ´n stadsaal op en vertel net blonde grappies. Ewe skielik spring daar ´n blonde op en kak die man behoorlik van ´n kant af uit, want sê sy dit is as gevolg van sulke siek grappe dat mense neerkyk op blondes en hulle as dom en onnosel uitkryt. Die man voel toe vreeslik sleg en toe hy begin om vir die blonde te sê hoe jammer hy is val sy hom in die rede en gil : “Hou jou bek man, ek praat nie met jou nie, maar met daai kortgat op jou skoot!”
en
Die blond koop vir haar twee Duitse Herdershonde.
Vriendin: “Wat is hulle name?”
Blond: “Rolex en Timex.”
Vriendin: “Hoekom SULKE name?”
Blond: “Want die man het vir my gesê hulle is watchdogs!”
en
Vier vriendinne gaan soek bietjie opwinding by ´n Ladies Club deur ´n strip show te kyk. Die stripper is al voor hulle op die tafel. Die Brunet pluk ´n R10 noot uit haar beursie, lek dit nat en plak dit op sy linkerboud. Die stripper kom later weer verby. Die Rooikop haal ´n R20 uit haar beursie, lek dit nat en plak dit op sy regter boud. Onmiddellik volg die Swartkop met ´n R50 noot! Benoud kyk almal waar sy dit gaan plak? Sy lek dit nat en plak dit ook op sy regter boud vas. Almal kyk in afwagting na die blondine….. Op haar beurt maak sy haar beursie oop, haal haar OTM kaart uit, trek dit deur die gleufie en vat die R80 vir haar!
en
Man aan blondine in die winkel: Skuustog dame, maar jy het jou koekie seep laat val.
Blond: Ag dankie, maar dit is nie my koekieseep nie, dit is eintlik my gesigseep.
en
Die ou omie lê in die Hospitaal, op pad teater toe. ´n Jong blonde verpleegster kom ingetrippel met sy verslag in die een hand en ´n bakkie met skeergoed in die ander hand.
“Goeie more oom! Af met die broekie vir my!”
“Nou vir wat, nursie, wat wil jy nou maak?”
“Ek wil jou skeer oupa, want ons gaan jou mos besny vandag!” antwoord sy geduldig.
“Nee, man, ek is hier vir ´n oogoperasie!” gil die oupa verskrik.
Nou verloor sy haar humeur: “Kyk, oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag:
VERWYDERING VAN DIE HORINGVLIES!”
en
Die blond hardloop by die polisiestasie in en skree “Gou, help, iemand het my nou net aan my padda gevat.”
Die sersant skree “Konstabel Koos hardloop jy regs in die pad af en konstabel Piet jy links en sien of julle die ou kan vang. Ek sal hier bly en solank vingerafdrukke vat.”
en
In watter rolprent raak die blondine slim?
Mission Impossible 3
en
Hoekom fluit n blond terwyl sy piepie?
Dan weet sy watter stel lippe om af te vee.
en
´n Blondine hardloop by die poliesiestasie in en sê vir die konstabel: “Ek is nou net deur ´n idioot verkrag!”
Hy vra: “Hoe weet jy dit was ´n idioot?”
Blondine: “Ek moes hom wys wat om te doen!”
en
´n Blondine kom by die dokter en sê vir hom haar borste is vol water. “Hoekom sal jy nou so iets dink?” vra die dokter.
Blondine “Elke keer as ´n man daarmee speel dan word ek nat tussen die bene!”
en
Wat noem jy ‘n brunet tussen twee blondines?
‘n Tolk.
Hoekom kan ‘n blondine nie die syfer elf skryf nie?
Sy weet nie watter een kom eerste nie.
en
Die blond bel die brandweer en sê haar huis is aan die brand. Die brandweerman: “OK, hoe kom ons by jou uit?”
Blond: “Helloooo! …….. met die rooi lorrie natuurlik!”
en
Blond 1: “Ek sien dat kersfees hierdie jaar op ´n Vrydag is.”
Blond 2: “Ek hoop net nie dit is Vrydag die 13de nie!!!”
en
Wat het die dom blondine gedoen by die plek onder aan die vorm waar staan “teken hier”?
Sy het geskryf: “Vis”
en
Waarheen neem jy ‘n blond vir pizza?
Nêrens nie, jy piets haar sommer net daar!
en
Een blond aan die ander in Pretoria: “Wat dink jy is die verste, Durban of die maan?” “Helloooo!!”, sê die ander blond, “Kan jy Durban hiervandaan sien?”
en
Vraag: Hoe weet jy ‘n meisie se kêrel is blond?
Antwoord: Haar naeltjie is blou.
en
Vraag: Wat maak ‘n blond met ‘n pap wiel?
Antwoord: Sy speel met hom tot hy styf is.
en
Twee blondines staan in Kaapstad en een seg: “Sien jy die mooi maan….?”
Seg die anner: “Nee, dis nie die maan nie, dit is die son.”
Die een weer: “Nee dis die maan”, die anner: “Nee die son…..!”
Dan kom een derde blonde daar en hulle vra die blonde. “Is dit die son of is dit die maan….??”
Die derde blonde seg: “Ek sallie weet nie…. ek is nie van Kaapstad nie….!”
en
Die blond besoek die dokter. Dokter vra wat is fout? Blond sê as sy met haar wysvinger op haar neus druk is dit seer, as sy op haar knie druk is dit seer, tewens oral waar sy druk is dit seer. Dokter vermoed hier is groot fout en begin met ‘n deeglike ondersoek.
Hy kry geen fout nie behalwe dat haar wysvinger gebreek is!
en
Die blond huil vreeslik kort na die geboorte van haar tweeling.
Verbaas vra die dokter “Hoekom huil jy so vreeslik, jy het dan nou net ‘n tweeling ryker geraak?”
“Ja”, sê sy, “maar ek weet nie wie die pa van die tweede een is nie.”
en
Hoekom ry die blondine heeltyd om die blok?
Sy het haar flikkerlig aan vergeet.
en
Die blondine gaan na ‘n haarkapper. Na 45 minute gee die stilis vir haar ‘n spieël en vra: “Hoe lyk dit?”
Die blondine dink ‘n oomblik en sê toe: “Baie mooi, maar maak dit net ‘n bietjie langer agter.”
en
Die FBI soek ‘n nuwe spesiale agent. Kandidate op die kortlys word ingeroep vir ‘n onderhoud. Eerste kanditaat stap in die baas se kantoor in. Die baas sê: “Sien jy daai rooi deur? As jy daar ingaan sal jy sien jou vrou sit in daai kamertjie op ‘n stoel. Hier is ‘n pistool. As jy haar doodskiet, is die werk joune. Die outjie oorweeg so bietjie maar se toe hy kan dit nie doen nie. Hulle stuur hom toe weg.
Die Blond is volgende. Baas: “Sien jy daai rooi deur? As jy daar ingaan sal jy sien jou man sit in daai kamertjie op ‘n stoel. Vat die pistool en skiet hom dood om jou lojaliteit te bewys, en die werk is joune. Huiwerig neem sy die pistool, gaan in by die deur en klap die deur toe. Drie skote gaan af en toe hoor die baas net stampe en gille. Na ‘n ruk kom die blond met woeste hare en geskeurde klere uit die kamertjie: “Die pistool het blanks ingehad toe moer ek hom maar dood met die stoel”.
en
Hanz Schreuder:
Die Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe.
“Verwag jy ‘n belangrike brief?” vra die Brunet.
“Nee,” sê die Blondine, “maar my rekenaar hou aan sê ek het pos.”
en
Hanz Schreuder:
Die blondine sit in die restaurant.
Die kelner vra haar: “Sop vir u?”
Sy antwoord: “Pasop vir jou ook!”
en
Wendell Eksteen :
Die blondine en haar maat sit en kyk die 7-uur nuus in die bar toe daar ‘n berig wys van ‘n man wat op ‘n gebou staan om selfmoord te pleeg. Die blondine stel voor dat sy en haar maat ‘n weddingskap aangaan waarop sy sê dat die man nie gaan selfmoord pleeg nie. Skaars 5 minute en daar spring die man en val hom morsdood. Die blondine verloor toe die wed en haar maat wil weet hoekom sy gedink het die man sal nie spring nie.
Sy antwoord: “Ag ek het alreeds die 6-uur nuus gekyk en ek het nie gedink hy sou so simpel wees om weer by die 7-uur nuus ook te spring nie.”
en
Blond : “Ek gaan bietjie my plante natgooi.”
Brunet :
“Maar dit reën buite …”
Blond : Hellllooooooo! Ek gaan mos my reënjas aantrek!
en
Janie:
Die blond, brunette en rooikop werk al drie saam by dieselfde maatskappy, in dieselfde kantoor. Hul baas, ‘n pragtige swartkop, gaan elke dag so drie ure vroeër huis toe, en na ‘n paar maande wat dit so aangaan, besluit die drie werkende dames om ook maar so nou en dan effens vroeër huis toe te gaan, aangesien die baas dan nou nooit weer terugkom kantoor toe of bel, nadat sy daar weg is nie.
Die eerste dag gaan dit goed en pas nadat die swartkoppie haar handsakkie vat en groet, besluit die drie’tjies om ook spore te maak. Die brunette besluit toe om inkopies te gaan doen na werk, aangesien sy nou bietjie ekstra tyd op haar hande het. Die rooikop besluit om al die ekstra werkies by die huis te gaan doen waarvoor sy nooit tyd kry nie en die blondine besluit om haar man by die huis te gaan verras. Toe die blondine by die huis aankom, hoor sy ‘n hewige geraas wat uit die rigting van haar slaapkamer kom. Sy maak die deur saggies oop, draai versigtig om en sluip by die huis uit. Die volgende dag gaan die drie weer werk toe en weereens loop die baas vroeër. Die brunette en rooikop pak toe op en toe hulle sien dat die blondine bly sit loop die rooikop na haar en vra: “Gaan jy dan nie vandag ook vroeër huis toe nie?”,
waarop die blondine antwoord: “Nee hel, ek het gister vroeër huis toe gegaan, en toe ek my kamerdeur oopmaak om my man te verras, het my baas my amper uitgevang.”
en
Johan de Wet:
Die brunet kla oor ‘n kragontbreking: “Ek het gister vier ure lank in ‘n lift vasgesit.”
Blond: “Dis niks, ek het ag ure op ‘n roltrap gestaan!”
(oorspronklik verskyn 7 Mei 2009)
