Die nuwe McGregor Kos en Wyn nagmark vind op 25 Februarie op die immergewilde bestemmingsdorpie McGregor plaas.

Vanjaar se tema is Lanternfees en word van 18:30 tot 21:00 deur die Fat Lady’s Arms, Voortrekkerweg 46, McGregor aangebied.

Geleenthede op Saterdagaand sal meer as 20 kosstalletjies insluit wat kookkuns van regoor die wêreld aanbied, wynproeë en verkope deur plaaslike wynkelders, ‘n oesterkroeg met selfdoen-speserye, tradisionele plattelandse nageregte en ‘n Thai Singha bierstalletjie.

Geleentheidkoördineerder, sjef Kurt Middleton het oor die fees gesê: “Ons is opgewonde om hierdie jaar die fees op ons dorp aan te bied wat onderskeidelik die diversiteit en talent van ons plaaslike gemeenskap ten toon stel. Ons hoop dat hierdie nuwe fees en toekomstige geleenthede sal voortgaan om die smaakknoppies van die foodies daar buite te tempteer.

Die meeste van die plaaslike eetplekke het saamgespan om hul onderskeie uniekheid ten toon te stel deur ‘n paar heerlike pasgemaakte skeppings te skep. Sjefs Tess Allendale en Christiaan Campbell bied ‘n geroosterde lam en plat brood met ‘n verskeidenheid Midde-Oosterse speserye aan. Die Nederlandse span sal bitterballen en poffertjies aanbied. Red Earth vryloophoenderplaas het ‘n wonderlike verskeidenheid straatkos-styl hoender op ‘n stokkie met tuisgemaakte marinades en souse.
Plaaslike inwoners sal ander heerlike items van tuisresepte tot reiservarings van regoor die wêreld aanbied, insluitend eksotiese plekke soos Kroasië, Israel, Sjina, Indië, Skotland, Duitsland en Mexiko.

Plaaslike geure is nie weggelaat nie. Pampoenkoekies, pannekoek, pasteie en al die lekker Suid-Afrikaanse geregte sal deur die plaaslike NG kerk en die Afrikaanse gemeenskap ten toon gestel word. Om nie vergeet van die baklekkernye van Sistars Bakery wat ‘n unieke Kaapse flair byvoeg nie.

Skep jou eie kos en wynkombinasie met wynkelders vanuit die Breedevallei. Quando Wines, Kleinhoekkloof, Arabella, Tanagra, Lords, De Kaap en McGregor se eie garagiste, Bemind, sal saam met ander wynkelders proeë en verkope aanbied.

Toegang is gratis en oop vir almal. Kom geniet die gasvryheid wat onbeskaamd McGregor is.

Deel ‘n aand saam met ons onder die sterre en ervaar die lig, aroma en klanke van die McGregor Nagmark en Lanternfees.

Aangesien van die stalletjies nie toegang tot elektroniese betaalstelsels het nie sal dit ‘n goeie idee wees om genoeg kontant saam te bring.

Lewer kommentaar

Leave a Reply