‘n Universiteit student gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar ouers dat sy haar nuwe kêrel saambring. Die ou is ‘n dwergie en die student vra haar ouers om asseblief tog haar sesjarige sussie in te lig.
Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra.
Ousus en haar kêrel daag op en toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel. Die gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil.
Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor. Dis net Kleinsus en die jong man aan tafel.
‘n Ongemaklike stilte heers ‘n rukkie, maar toe kan die meisietjie dit
nie meer hou nie …
“Hoe gaan dit met Sneeuwitjie?”
(oorspronklik gepubliseer 19 November 2009)