’n Kunsversamelaar stap verby ’n winkel toe hy ’n verwaarloosde kat sien melk drink uit ’n piering. Hy merk dadelik op dat die piering uiters oud en baie waardevol is.
Hy gaan die winkel binne en bied aan om die kat te koop vir R100. Die winkeleienaar antwoord: “Ek is jammer, maar die kat is nie te koop nie.” “Asseblief,” sê die versamelaar “ek het ’n honger kat nodig om die muise by my huis te vang. Ek sal jou R300 betaal vir daardie kat.” “Goed dan,” antwoord die winkeleienaar “die kat is joune.”
Hy is amper by die deur uit toe die kunsversamelaar omdraai en vra: “Kan ek sommer daai ou piering saamvat vir die kat, dan hoef ek nie nog een te kry nie.”
Winkeleienaar: “Daar is nie ’n manier nie. Daai is my gelukkige piering. Dit is al die vyf-en-veertigste kat wat ek die week verkoop.”
