Die dame klim in die bus met haar baba. Toe die busbestuurder die kind sien rek sy oë en hy sê: “Daai is die lelikste baba wat ek in ’n lang tyd gesien het!”

Vererg gaan sit die vrou agter in die bus, toevallig langs Koos.

“Is alles reg mevrou?” vra hy.
“Nee, ek het my lanklaas so vir iemand vererg, soos nou vir daai busbestuurder. Die man is ongeskik.”

“Mevrou,” sê Koos ernstig, “Ek stel voor jy staan op en gaan vertel daai man presies wat jy van hom dink. Ek sal solank jou apie vashou.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply