Die mooi rooie

Dinge tussen die oom en tannie was nie meer so lekker nie. Dit is nou, die dinge in die slaapkamer. Hoewel die twee al redelik aangestap het in die jare, wou die tannie darem nog so nou en dan ’n bietjie. Die probleem was, die oom het vreeslik gesukkel om bietjie by te dra.

Na heelwat beraadslaging oor die probleem besluit hulle toe die oplossing is ’n handmodel om die oom af te los. Een van daai wat met batterye werk.

By die sekswinkel het dit die tannie nie lank gevat om haar gunsteling te kies nie.
“Watter een tannie?” het die verkoopsman gevra.
Met blink oë het die tannie geantwoord: “Daai mooi rooie, asseblief jongman.”

“Hmm … tannie kan nie daai een kry nie. Dit is die brandblusser.”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply