Exact Imagination: 300 Years of Botanically Inspired Art in South Africa

Exact Imagination: 300 Years of Botanically Inspired Art in South Africa is ’n uitstalling wat fokus op botaniese kuns in Suid-Afrika en dit begin op 8 Oktober 2014 by die Standard Bank-galery in Marshalltown, Johannesburg.

Dutch Iris, William Kentridge
Dutch Iris, William Kentridge
Die uitstalling het begin as ’n idee om die skatkis van illustrasies in besit van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biodiversiteit ten toon te stel. Die versameling is toe verder uitgebrei deur die kurator Cyril Coetzee.

Die uitstalling spog onder meer met etswerk uit die 8de eeu deur Francis Bauer en delikate waterverfskilderye uit dieselfde era deur Georg Dionysius Ehret. Die vorige eeu word verteenwoordig deur Gertrude Laurence en J.P.H. Acocks se grasse en Suid-Afrika se blomerfenis soos uitgebeeld deur die bekende Cythna Letty, Ellaphie Ward-Hilhorst en Auriol Batten. Kontemporere kunstenaars sluit in William Kentridge, Helmut Starcke, Walter Oltmann en Keith Struthers. Daar is ook ’n paar antieke boeke in die uitstalling.

Die uitstalling duur tot 6 Desember 2014.

Lewer kommentaar

Leave a Reply