Dit was herfs in die Kalahari en die ‡Khomani San mense het na hulle leier Koos Kruiper gekyk vir leiding oor die winter wat net om die draai loer.

Koos ken die voorgeskiedenis se manier van doen, maar hy was ook geleerd in die dinge van die moderne wêreld. Om solank aan die veilige kant te bly gee hy opdrag dat daar genoeg droë hout gestoor moet word, net ingeval dit ’n koue winter is.

Net om seker te maak bel Koos die weerstasie in Upington ’n paar dae later. Dit meteoroloog bevestig dat dit wel lyk asof dit ’n koue winter gaan wees. Koos gee opdrag dat daar meer hout opgegaar moet word.

’n Paar weke later skakel Koos weer die meteoroloog. “Ja-nee,” kom die antwoord “dit lyk of dit ’n baie koue winter gaan wees.” Koos gee opdrag dat elke stukkie droë hout wat mens die hand op kan lê gestoor moet word.

Net so voor die winter kom gesig wys skakel Koos weer die meteoroloog. “Ons voorspelling is dat dit die koudste winter op rekord gaan wees.”
“Regtig?” vra Koos verbaas “hoe kan julle so seker wees?”

“Ons is seker,” antwoord die meteoroloog “want die ‡Khomani San hier duskant in die Kalahari maak al wat ’n stukkie hout is bymekaar.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply