Die jaar 2017 is 15 jaar sedert Jak de Priester sy debuut gemaak het met die trefferlied en album Sally Williams Nougat.

Sedertien het hy ag oorspronklike studio albums vrygestel, 1 kinder CD en DVD, 2 boeke, ‘n paar televisie temaliedjies geskryf en gesing en is die aanbieder van die gewilde televisie reeks Reis na Gister.

Om 15 jaar in die musiekwêreld te oorleef is ‘n hoogtepunt op sy eie en hy vier dit met ‘n splinternuwe produksie en ‘n nuwe album getiteld Vyftien. Dit sluit in 15 nuwe liedjies uit sy pen oor die wel en weë van ‘n kunstenaar in Suid-Afrika. ‘Vriendskap se water’, ‘Boervrou’, ‘Afrikaans my taal’, ‘Drakensberge liefde’, ‘Bo Blink’, ‘Kleinmond gedig’, ‘Soen die reën’, ‘Niemand neem hul kwalik’ en nog meer is nuwe liedjies wat gehore kan verwag en ook sal verskyn op die album.

Kaapse gehore kan gaan luister by Die Boer restaurant teater in Durbanville op 10, 11 Feb om 20:30 en Sondag 12 Feb 2017 om 13:30. Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com. Jak word bygestaan op die klavier deur Altus Muller.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar