Dis groot rugby in die diereryk. Dis die Groot Vyf teen die res en die kleintjies word behoorlik afgeknou. Rustyd is die telling 50 teen 0.

Met die tweede helfte se afskop lyk dit asof dit net weer ’n herhaling van die eerste helfte gaan wees. Renoster trek sy ore plat doellyn toe, maar skielik word hy in sy spore gestuit.

Kaptein eekhoring is beïndruk: “Dit was wonderlik! Wie het renoster so gestop?”

“Ek,” sê duisendpoot.

Buffel probeer op linkervleuel verbykom, maar word koud gestop.

“Fantasties,” juig eekhoring. “Wie het dit hierdie keer gedoen?”

“Ek,” sê die duisendpoot.

Nou probeer die groot diere vir olifant deur die middel stuur, maar hy vorder nie ’n meter nie.

“Was dit weer jy?” vra die eekhoring vir duisendpoot.

“Ja,” sê duisendpoot beskeie.

“Waar de hel was jy in die eerste helfte?” wil eekhoring weet.

“Ek het my stewels aangetrek.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply