* Reisigers gaan heen.
* Die melkman en posman kom om.
* Jagters is bokveld toe.
* Kokke steek lepel in die dak.
* Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
* ‘n Valskermspringer ontval ons.
* Die tuinier word van die gras af gemaak.
* Die melkboer skop die emmer.
* Die astroloog se ster het verskiet.
* Eiendomsagente verhuis na nuwe areas.
* Die Rasieleier het die gees gegee.
* Die skeepskaptein se bootjie sink.
* ‘n Begrafnisondernemer sien sy gat.
* Die dominee verwissel die tydelike met die ewige.
* Die ouderling is ontslape.
* Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
* Die dokter se hart het gaan staan.
* Die elektrisiën se liggie is uitgedoof.
* Die kleremaker se draadjie is geknip.
* Vir die koster het die doodsklok gelui.
(oorspronklik gepubliseer 15 Oktober 2009)
