Iemand het die keer gevra vir ’n paar dronk grappe. Hier is ’n paar uit die verlede:

Wat is die toppunt van dronkenskap?
As jy oor die dansvloer loop vir nog ’n dop en jy wen die danskompetisie.

♦♦♦

Hoe weet jy wanneer jy werklik dronk raak?
Jy begin gesofistikeerd voel, maar jy kan dit nie spel nie.

♦♦♦

Koos is die dag kroeg toe met net ‘n paar sente en kon nog goed dronk raak. Hy het net genoeg geld gehad vir ‘n glas vrugtesap. Hy bestel toe ‘n halwe glas lemoensap en ‘n halwe glas koejawelsap. Hy gooi toe die twee saam in een glas. Hy versier die sap toe met drie sambreeltjies en twee strooitjies.

So sit hy toe met die glas in sy hand, sonder om ‘n sluk te vat.
Toe sy eerste pel by die deur inkom vra hy: “Koos, wat drink jy?”

Koos se antwoord was vinnig en tot die punt: “’n Dubbel brandewyn en Coke, dankie man!”

♦♦♦

Koos se vriend vind hom by die kroegtoonbank, dronk en uiters terneergedruk.

“Ek sal vroumense nooit verstaan nie!” kla hy.
“Vanaand het ek alles gedoen soos hulle in die tydskrifte sê. Ek het roosblare gestrooi van die voordeur tot in die kamer. Daar het ‘n warm skuimbad op haar gewag, ek het parfuum oral gespuit, ek het sjokolade op haar kussing gesit. Ek het spesiaal vir my ‘n mooi nuwe onderbroek gaan koop gister. Daar sit ek toe, op die punt van die bed met my maag ingetrek toe sy inkom. Maar dink jy dis goed genoeg vir haar?”

“Ag, tog” sê sy vriend “nou waar dink jy het dinge verkeerd geloop.”

“Wel,” sê Koos “die oomblik toe ek haar hand vat om myself voor te stel, toe raak sy mal.”

♦♦♦

’n Dronk man sit in die biegkas van ’n katolieke kerk.
Na ’n baie lang stilte klop die priester om man se aandag te trek.

“Jy klop verniet!” skree die dronkie, “hier is ook nie kakpapier nie!”

♦♦♦

Legendes begin …

In Engeland – Once upon a time …
Amerika – Long, long ago …
Suid-Afrika – Onthou jy daai aand toe ons so vreeslik dronk was …

♦♦♦

“Koos,” sê Mike, jy sal moet ophou drink. Drank is ´n stadige gif!”
“Miskien is jy reg, antwoord Koos, “maar ek is nie haastig nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply