Gatiep op die bus

Twee dames op ‘n bus in Kaapstad kan nie besluit of die venster langs hulle moet oop of toe wees nie. Dit ontaard in ‘n stryery en die busbestuurder moet later stop; net om deel te word van die palawer.
“Met ‘n oop venster gaan ek ‘n kouete op die bors kry en dit sal my dood beteken” sê die een.
“Hier gaan ek beslis versmoor met ‘n toe venster. Ek sal nooit die huis haal nie” sê die ander.
Beide weier om op ‘n ander plek te gaan sit.

“Is maklik” se Gatiep vir die busbestuurder.
“Makie venster oepe, dan vrek daai een. Dan maak djy die venster toe, dan vrek die anner een. En dan het ons weer ‘n slag vriede op die blerrie bus.”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply