Dis Sondag en Gatiep het vir ‘n verandering min gedrink die vorige aand. Sy nuwe Sondag-energie het hy op Meraai gefokus. Hy het dit sy Sondag-taak gemaak om vir haar te oortuig om die Here Jesus as haar persoonlike redder en Heer te aanvaar. Sy is egter so hardkoppig soos altyd en Gatiep is moedeloos.
“Meraai, daai’s onse Here wat vi onse sondes gesterf het en dit om my en djou bas te red! Het jy daai nooit geleer nie?”
“Watse, hoe wil jy nou vir my wysmaak dié man het vir my gaan loep en sterwe? Dié man het nooit vi my gesien nie, ons hettie mekaar geken nie!”
“Net soe!” skree Gatiep triomfantlik. “Daai was maklik virrie Groot Man om vir jou te sterwe, Hy’t nooit nodig gehad om met jou hardegatgeit te sukkel nie.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
