Om die wingerd te prys

Met hierdie groepuitstalling in Bovlei Proelokaal, Wellington, tree kuns en die kuns van wynmaak uiteindelik in die huwelik. Wellington Wines en die Breytenbach Galery het vanaf begin 2013 in simbiose gewerk. Waar kuns uitgestal is, is Wellingtonwyne geproe en het die palet en die oog saam geproe aan ons eie Bolandse wyn en uitmuntende kuns.

Kunstenaars soos Cloete Breytenbach, Clementina van der Walt, Hardy Botha, Michele Davidson, Michele Nigrini, Selwyn Pekeur, Isa Steynberg, Jaco Sieberhagen, Liekie Fouche, Talita Swarts, Mariette van Velden, Fanie Marais, Wim Rautenbach, Willem Pretorius, Mariaan Kotze, Lee Molenaar en Martin Swart maak dit ‘n lus vir die oog.

Opening: 29 November om 18:00 met Riana Scheepers & Johan Nel.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar