#suidoosterfees Herinnering aan Distrik Ses

As jy iets van die ou Distrik Ses beleef het, sal die indrukke van die oorvol strate met gillende, laggende kinders, die gemoedelikheid van mense wat praatjies op straathoeke maak, wapperende wasgoed, visverkope op die sypaadjies met groente- en vrugtestalletjies jou altyd bybly.