#suidoosterfees Herinnering aan Distrik Ses

As jy iets van die ou Distrik Ses beleef het, sal die indrukke van die oorvol strate met gillende, laggende kinders, die gemoedelikheid van mense wat praatjies op straathoeke maak, wapperende wasgoed, visverkope op die sypaadjies met groente- en vrugtestalletjies jou altyd bybly.

Jy sal ook weet van mense wat nooit hul droom verloor het om later ‘iemand’ te word nie. Iets van die hoop sal jou bybly as jy later name onthou van mense wat onuitwisbare spore in ons breër Suid-Afrikaanse lewe getrap het.

Verskeie fotograwe het oor die jare aktief gewerk om hierdie energieke lewe in woord en beeld vas te lê. Meesters soos Cloete Breytenbach en Günther Komnick se foto’s van Distrik Ses voor die vernietiging, bied ‘n nostalgiese beeld van hierdie besondere era. Hul werk word beide by die Suidoosterfees in April en Mei uitgestal.

Hierdie tweeledige foto-uitstalling skep ‘n sinvolle dokumentêr oor die lewe en omstandighede van Kaapse mense. Die kameralense was uit verskillende hoeke ingestel om die ervaring van die gewone mense vas te vang. Daar is klem op die aktiwiteite van die gemeenskap, in besonder hul musiektalent, die trauma van die verskuiwing, maar ook die nostalgie van die leefwyse en kameraderie wat tussen hierdie uiteenlopende groep mense was wat as ‘n hegte eenheid geleef het.

Dieselfde wêreld deur die lens van twee meesterlike dokumenteerders; vasgevang.

Fotograwe Cloete Breytenbach, Günther Komnick
Kurator Amanda Botha

Genre: Kuns
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: Kunstekaap Marble Foyer, Kaapstad
Datum: Opening Donderdag 28 April om 18:00, uitstalling tot 2 Mei 2016

Suidoosterfees 2016

Herinnering aan Distrik Ses,
Roekeloos,
18 April 2016.

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar