WoordTROfees Wenners vir 2016

Die sewende jaarlikse WoordTROfees, ondersteun deur die ATKV, is Maandagaand tydens ’n geleentheid by die Stellenbosse Stadsaal uitgedeel. Die akteurs Marlo Minnaar en Esther von Waltsleben het as seremoniemeesters opgetree en vermaak is gebied deur Yvonne Chaka Chaka en die Young Caballeros van Kaapstad.

Ou Hoofgebou, Stellenbosch
Ou Hoofgebou, Stellenbosch
Die wenners is as volg:
Toneel, Beste Speler: Andrew BucklandTobacco and the Harmful Effects Thereof
Toneel, Beste Byspeler: Rob van VuurenA Doll’s House
Toneel, Beste Regisseur: Christiaan OlwagenA Doll’s House
Toneel, Beste Produksie: A Doll’s House
Woordkuns: Praat van die DuiwelJohann Nel en Juanita Swanepoel
Kontemporêre Musiek, Solo: Yvonne Chaka Chaka – The Princess of Africa
Kontemporêre Musiek, Groep: Kô, lat ons sing!
Klassieke Musiek, Vokaal: Stellenbosch Universiteitskoor olv. André van der Merwe
Klassieke Musiek, Instrumentaal: Ben Schoeman – Schoeman in Konsert
Visuele Kuns: Lien Botha – Wonderboom
Opkomende Kunstenaar: Francois Knoetze
Deurbraak: The Banquet: The Room of Dreams – Ju-Ju Domingo en Lucas Heinen
Gewildste Boek, Prosa: Bly – US Woordfees 2016
Gewildste Boek, Leefstyl: Kook saam Kaaps – Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
Gewildste Boek, Poësie: HammieRonelda S. Kamfer
Woordfees Helde: Dawid en Henk Fourie
WOW Opvoeder van die Jaar: Antonia du Toit
WOW Skool van die Jaar: Strand Sekondêr

Die boekpryse word bepaal deur beste boekverkope tydens die Woordfees by die ATKV-boekwinkel op die terrein.

Die US Woordfees 2017 word van 3-12 Maart 2017 op Stellenbosch aangebied.

(foto Quintus van Rensburg)

Lewer kommentaar

Leave a Reply