Geld

Vraag: Wanneer weet jy het die Rand werklik sy waarde verloor?
Antwoord: Wanneer die prostitute begin vas uitgaan.

‘n Man stap by ‘n bank in en sê vir die dame agter die toonbank: “Ek wil ‘n &%$**! tjekrekening oopmaak.”
Die dame ruk haar op en sê: “Wat sê u, meneer?”
“Luister mooi. Ek het gesê ek wil ‘n &%$**! tjekrekening oopmaak, en maak tog &%$**! gou daarmee.”
“Meneer, ons aanvaar nie daardie soort taal in hierdie bank nie!” Die teller verlaat toe haar pos en gaan soek hulp by die bankbestuurder.
Hulle keer albei terug en die bestuurder vra: “Wat is die probleem hier?”
“Daar is geen &%$**! probleem nie,” antwoord die man, “Ek het so pas R50 miljoen by die Lotto gewen en wil ‘n &%$**! rekening by hierdie &%$**! bank oopmaak!”
“Ek verstaan, meneer,” reageer die bestuurder. “En gee hierdie &%$**! teller vir jou probleme?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply