‘n Man is alleen op ‘n eiland gestrand, en op ‘n goeie dag kom daar ‘n sexy girl uit die water gestap met ‘n duikpak aan. Verbaas kyk hy haar aan terwyl sy nader stap. “Hi”, sê sy, “en hoe lank is jy al hier gestrand?”
“Sewe dae”, antwoord hy haar belangstellend.
“En wanneer laas het jy iets gehad om te rook?”, vra sy terwyl sy haar ritssluiter effens aftrek en ‘n pakkie sigarette en lighter uithaal.
“Ek het nog nooit gerook sedert ek 20 jaar gelede opgehou het nie”, antwoord hy, maar hy neem tog een en steek dit aan, tog te bly vir die onverwagte geselskap wat hy nou het en trek dit lekker diep in.
“En wanneer laas het jy iets te drinke gehad?”, vra sy weer terwyl sy haar ritssluiter verder aftrek ek ‘n bottel Martini uithaal.
“Ek het nog nie ‘n druppel gedrink sedert ek 20 jaar gelede opgehou het nie”, maar hy neem tog die bottel by haar en vat ‘n paar groot slukke.
Sy glimlag en vra toe weer terwyl sy haar ritssluiter verder aftrek: “En wanneer laas het jy ‘n bietjie gespeel?”
“Goeie hel!”, roep die man uit, “moet net nie vir my sê jy gaan ‘n stel gholfstokke ook daar uitpluk nie!”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
