Met: Winona Ryder, Eric Bana, Simon Pegg, Zachary Quinto & Jon Cho
Regisseur: JJ Abrams
Kirk en die een met die skerp ore is terug. Star Trek sluit perfek aan by die begin van die Star Trek stories.
Die nuwe Star Trek fliek is minder ernstig as die vorige in die reeks, maar dit is een van die bestes. Jy bly op die punt van jou stoel, terwyl jy die beginjare van die Starship Enterprise beleef. Die begin van die film alleen troon bo alle ander Star Trek films uit en soos die film vorder raak dit al moeiliker om nie jou mond te laat oophang nie.
Ons leer ken ‘n groep jongmense genaamd Kirk, Spock, McCoy, Uhura, Sulu en Scottie. Saam met hulle beleef ons ‘n rits avonture met almal se paaie wat uiteindelik lei na die Enterprise. Indien jy oud genoeg is sal jy selfs ‘n paar van die vaartuie uit destyds se TV-reeks herken.
Mens sukkel bietjie om Zachary Quinto van Heroes te aanvaar as Spock, maar jy moet uiteindelik erken dat hy uitstekend was in die rol. Daar is ook ander foute met Star Trek, maar dit is nie noemenswaardig in die lig van hierdie jaar se beste vermaak nie.
Star Trek is die eerste groot mega-treffer van 2009 en kry ‘n mega-JA.
(Die onderstaande video vertoon twee opeenvolgende lokprente.)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
