Twee ingenieurstudente sit en bepeins die skeppingsteorie, meer spesifiek die ontwerp van die menslike liggaam. Soos dit meeste ingenieurstudente betaam kom hulle tot die gevolgtrekking dat, indien daar een of ander god is, hy of sy beslis ’n ingenieur is. Eenkant in die kroeg sit Jors met sy bier en luister aandagtig.

Die eerste student is van opinie dat die god beslis ’n meganiese ingenieur is: “Kyk na al die gewrigte, hoe kan dit anders?”

Nommer twee verskil hewig: “Net ’n elektriese ingenieur kon die werk doen. Gaan kyk mooi na die senuweestelsel. Dit is ’n netwerk van duisende elektriese verbindings wat noukeurig saamgestel is.”

“Ouens!” val Jors in op die stadium. “Ek sit en luister nou so vir julle en ek stem saam. Die god is beslis ’n ingenieur, maar julle twee het die kat aan die gat beet.”

Na ’n gewyde stilte verklaar Jors dramaties: “Dit was ’n siviele ingenieur!”.

Die ingenieurstudente is uit die veld geslaan. Wat op aarde sou die man tot die gevolgtrekking bring? Bier?

Jors het die reaksie verwag en is reg met sy verduideliking: “Wie anders sou ‘n giftige afval pyplyn laat loop deur ‘n ontspanningsgebied?”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar