’n Persoon kom by die Hemel se poorte aan.

“Godsdiens?” vra die engel aan diens.

“Metodis.” antwoord die persoon.

Die engel kyk op sy lys en sê “Gaan na kamer 31, maar bly doodstil wanneer jy verby kamer 13 stap.”

Nog ’n persoon kom by die Hemelpoorte aan.

“Godsdiens?”

“Katoliek.”

“Gaan na kamer 16, maar bly doodstil wanneer jy verby kamer 13 stap.”

Nog ’n persoon kom by die Hemelpoorte aan.

“Godsdiens?”

“Joods.”

“Gaan na kamer 20, maar bly doodstil wanneer jy verby kamer 13 stap.”

“Ek kan verstaan dat daar verskillende kamers is,” antwoord die Jood “maar hoekom moet ons stilbly as ons verby kamer 13 stap?”

“Die mense van die NG Kerk gaan na kamer 13,” antwoord die engel “en hulle dink hulle is die enigste mense hier.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar